Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Kennisgewings | Notices

2011 Freedom to Create-prysfinaliste aangekondig


2011-11-09

Untitled Document

Kaapstad, 3 November 2011: Freedom to Create het vandag die finaliste vir die jaarlikse Freedom to Create-prys aangekondig. Die $100,000 prys, wat in twee kategorieë verdeel word  – Hoof- en Gevangeniskunstenaar – sal hul pryse by ’n prysuitdelingseremonie en konsert op 19 November 2011 in die pragtige Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuine in Kaapstad ontvang.

Die finaliste vir die 2011 Freedom to Create-prys is:

Hoofprys:

  • Ayat Al-Gormezi (Bahrain) is ’n 20-jarige digter en student aan die Faculty of Teachers in Bahrain, wat verhoor is bloot omdat sy haar opinie teen die regering vreedsaam en openlik uitgespreek het.
  • Sister Fa (Senegal) is een van die bekendste vroulike rap-kunstenaars in Senegal, wie se lewenstaak dit is om bewustheid te skep oor die gevare van die skending van vroulike genitalieë, ’n praktyk wat in teorie deur die staat as onwettig verklaar is, maar wat in werklikheid oral in Afrika voortduur en die basiese regte van vroue en meisies skend. 
  • Ramy Essam (Egipte) het 18 dae in Tahrir Square deurgebring waar hy sy musiek gekomponeer en liedere gesing het om die protesteerders te motiveer. Daardeur het hy sy lewe gewaag, en hom aan dreigemente en aanvalle deur die militêre polisie  blootgestel, maar hy het geweier om weg te gaan voordat Mubarak se heerskappy in duie stort.
  • Rachelle Agbossou (Benin) het Compagnie Walo gestig, wat spesialiseer in die gebruik van ’n mengsel van kontemporêre en tradisionele dans om oor sosiale kwessies in Benin kommentaar te lewer.
  • Tarik Samarah (Bosnia en Herzegovina) het verskeie risiko’s geloop om deur te dring tot die kern van die volksmoord wat in Srebrenica plasgevind het. Hy glo dat die vertoon van foto’s in openbare plekke aan gewone burgers dokumentêre bewyse van moeilike waarhede verskaf, boosheid veroordeel en die wêreld vra om gebeurtenisse soos die Srebrenica-slagting te erken.
  • Thet Sambath/Rob Lemkin (Kambodja/Verenigde Koninkryk) het tien jaar geneem om die vertroue van voormalige Khmer Rouge-plegers te wen en hulle oor te haal om hulle misdade op film te bely  om hierdie vreemde volksmoordgebeurtenisse te probeer verstaan. Die film vertel nie slegs ’n voorheen onvertelde verhaal wat met die ondersteuning van Rob Lemkin verfilm is nie, maar stel ook voor hoe die geweld gehanteer kan word.
  • Song Byeok (Noord-Korea) was vasbeslote om die nadele te oorkom waaraan baie Noord-Koreaanse vlugtelinge onderwerp word, totdat hy in staat was om sy eerste solovertoning ‘Forever Freedom’ aan te bied. Die kunstenaar wil ‘desperate’ mense in Noord-Korea en verder help. Voordat hy na Suid-Korea ontsnap het, het hy marteling deur die regime verduur. Nou wy hy hom aan die bevordering van vrede en verf satiriese akriliese werke van Kim Jong Il.

Gevangeniskunstenaarsprys:

  • Dhondup Wangchen (Tibet) se merkwaardige 28-minuutfilm ‘Leaving Fear Behind’, is ’n samestelling van onderhoude wat die frustrasies van gewone Tibetane uitbeeld en dit is met aansienlike risiko uit Tibet gesmokkel. Dhondup is deur die Chinese regering op ’n aanklag van verraad tot gevangenisstraf gevonnis. Dhondup se vrou en kinders het na India gevlug en sy vrou onderhou die gesin deur brood op die plaaslike stadsplein te verkoop.
  • Win Maw (Myanmar, voorheen Burma) gee deur sy musiek uitdrukking aan die politieke sienings van die Burmese mense en dit is ’n saamtrekpunt vir die massas tydens die  vele politieke opstande in Myanmar. Hy is die vernaamste vertolker onder kunstenaars wat uitdrukking gee aan demokratiese bewegings vir sosiale verandering. Win se inhegtenisneming het pyn en swaarkry vir sy gesin, vrou en kinders meegebring. Sy vrou moet nou die verantwoordelikheid vir die kinders se skoling en oorlewing dra.
  • Ericson Acosta (Filippyne) is ’n digter, sanger, akteur en liedskrywer van die Fillippyne wat deur die militêre sonder ’n lasbrief gearresteer is terwyl hy menseregte- en omgewingsnavorsing in ’n gemilitariseerde barrio in die Filippyne uitgevoer het. Die regering versuim tot dusver om enige aanklagte teen hom maak en sy swak voorkoms in ’n onlangs vrygestelde foto het bekommernis oor sy gesondheid verhoog.


Freedom to Create is in 2006 gestig om die mag van kuns en kultuur in te span om meer kreatiewe en welvarende gemeenskappe te bou. Elke jaar ken Freedom to Create pryse aan kunstenaars toe om erkenning te gee aan hulle dapperheid en kreatiwiteit om die angs en aspirasies van gewone mense uit te beeld, om dialoog aan te moedig oor ernstige sosiale kwessies en om transformasie en sosiale verandering aan te moedig.

Die 2011 Freedom to Create-prys het meer as 2000 inskrywings uit meer as 145 lande, insluitende 56 inskywings uit Suid-Afrika getrek. ’n Aantal prysdeelnemers wat op die kortlys 2011 Freedom to Create Prize shortlist is, het vanjaar hoofopskrifte behaal weens hulle moedige en dikwels gevaarlike werk en dit sluit Afrika-, Midde-Oosterse en Asiatiese kunstenaars in wat vrede en universele menseregte ondanks politieke onderdrukking nastreef.

Die bekroonde Suid-Afrikaanse televisie-aanbieder Leanne Manas sal as gasvrou optree tydens die Freedom to Create-prysuitdelingseremonie, wat die Kirstenbosch-somerkonsertseisoen inlei, en roerende musiek deur die Gugulethu Tenors, Kwaito-musiek deur die Namibiese kunstenaar  EeS en gewilde wêreldmusiek deur die Senegalese superster, Baaba Maal, sal opgevoer word .

Kaartjies vir die toekenningseremonie en konsert is by Webtickets beskikbaar. Freedom to Create skenk die opbrengste uit kaartjieverkope aan die Music Therapy Community Clinic, ’n nie-winsgewende organisasie in Kaapstad wat minderbevooregte en voorheen benadeelde gemeenskappe deur musiekterapie betrek.

Priti Devi, woordvoerder vir Freedom to Create sê, “Ons glo dat gemeenskappe wat kreatiewe uitdrukking aanmoedig sterk fondamente vir ekonomiese, politieke en kulturele ontwikkeling bou. Al die finaliste hierdie jaar het die kunste in innoverende en kragtige maniere gebruik om sosiale verandering in hulle gemeenskappe te bewerkstellig, lewens te transformeer en hindernisse van kreatiwiteit te konfronteer.

“Vanjaar se Prysfunksies sluit ’n maandlange uitstalling van werke in die Kompanjiestuin in Kaapstad in, vanaf 17 November tot 18 Desember 2011,”  het me. Devi bygevoeg.

Freedom to Create bied  op 16 November ’n Forum oor Vrouebemagtiging/Female Empowerment by die Fugard-teater aan. Vier vername rolmodelle sal op die paneel by die hoofspreker, mev. Graça Machel, aansluit om hulle ondervindings en insigte te deel oor hoe blywende verandering vir die vroue in hul gemeenskappe geskep kan word.

As deel van die Prys-vierings sal ’n aantal films by The Labia vertoon word om die beste inskrywings te wys wat vir die 2011 Freedom to Create-prys ontvang is. Vir meer besonderhede, besoek asseblief  www.freedomtocreate.com.

Vanjaar se Prys is beoordeel deur ’n uitgelese paneel wat die Hoof- Uitvoerende Beampte van die Nelson Mandela-stigting, Achmat Dangor, die bekroonde skrywer Salman Rushdie, balletlegende Mikhail Baryshnikov, Hollywood-aktrise, dokumentêre filmmaker en aktivis Daryl Hannah, sosiale aktivis en skrywer Fatima Bhutto, om ’n aantal te noem, insluit.