Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Sing ’it > Entries | Inskrywings

"Doen dit nie" deur Marais Dekker


Marais Dekker - 2011-11-09

 

Doen dit nie

Legende:
(kommentaar)
[oorgangswoorde]
<versteekde/toevallige dubbelsinnighede>
1-30 reels

Doen dit nie

(Intro/mantra:)

Ons vang ons weer op daardie plek [al't jy my laas belowe]
Ek wag dat ons kan saam praat [hier op warm kole]
Almal besef nou eers ons soek [net vir kinders skole]
As jy ore om mee te hoor het [maak dit oop en hoor 'it:]

(saggies mompel in oorgangsfase)
anders, GETTT... maak spore

(saggies mompel in oorgangsfase/opbou na strofe1 - reels 1-6)
Mens maak net eenvoudig nie branders...

Dis <Diss> ons as ons...

1 Tot ons kele in die gutter is
2 Onseker waar die rudder <redder> is
3 Nie weet waar op die radar is
4 of storms bedaarlik is [daagliks]
5 lewe so gevaalik is
6 Siel verkoop. Betaal. Bedaar. Rus.

(opbou na strofe 2 - reels 7-18)
Wonder jy ooit hoekom...

7 de donner jy op aarde is
8 Weer wil voel of jy net by jou ma sit
9 Wil tuiskom waar 't warm is
10 Die ketel en die kaggel aan is
11 Veilig voel oor dit wat bang is
12 Huil en koer dat dit verbrand is

13 Vuil op vloer toe dit my land is
14 Ek en buurman hier gestrand is
15 Apatie die laaste man is
16 Dank die Heer die krag nog aan is
17 God: die pot en pan nog warm is
18 Pa van huis oor ons nog waak-rus <wakker is>/Pa van huis se pos vankant is

(opbou na strofe3)
Ek voel uitgewerk

Mens doen dit nie.

(opbou na strofe3)
Ek voel uitgewerk!!

Ek dog geen mens doen dit nie.

(opbou na vers)
Ek voel uitgewerk!!!

19 soos die wet van Pythagoras
20 in die land waar ons vaders rus
21 dis my oupa oppie Drommedaris
22 dankie dat die oorlog klaar is
23 ons almal nou al die barbaar was
24 ook maar net iemand wat daar was [vir]

25 sy waardes strate vir sy kinders
26 dalk weet ons dus net mooi niks
27 van wat reg en aanvaarbaar is
28 van wat die regte standaard is
29 maar ek weet dat ek die keeper van my bra's is
30 en elkeen net sy eie baas is

(opbou na koorgedeelte/afsluiting)
Ons almal't al talle male in alle tale ...

Gesweer en gesweer ons gaan hard probeer verander.
Ons voel forseer en forseer om te kies tussen een twee en 'n ander
Mens doen dit nie
mens doen nie
mens maak net eenvoudig. Nie anders.