Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Sing ’it > Entries | Inskrywings

“Stranded without hope” deur JP Jansen van Vuuren


JP Jansen van Vuuren - 2011-11-09

 

 

Stranded without hope

Ons soek na ’n deeper meaning
om ons lewens betekenis te gee,
Maar almal is skilpoppe met persoonlikhede
van emptiness.

Ons sukkel om ons liefde vir mekaar te verklaar,
maar ons wys dit met ons lywe. Ons soek ’n
quick fix om nie bored te wees met die
mense van gister.
Ons kom van ’n klein dorp waar die mense slimmer
as die weer is.
Ons sing vir die wêreld ’n song, maar dit
eggo net hartseer terug.
Tussen woorde het jy jou tong ingesluk
Dis moeilik om goodbye te sê, maklik om te rou.
Ek koop vir my ’n one-way ticket na paradise,
maar die spore van loneliness trek my t’rug.

Ek wonder oor die verlede, maar worry oor die toekoms.
Ek’s ’n swerwer wat lewe vir die oomblik met dark shadow op my gesig – die mense hier
twyfel ongeskik.
Sonder jou het ek gelewe, met jou het ek gevlieg.
Ek skree my longe uit, maar die mure’s dom verskrik.
My lippe raak stil.
My oë gaan toe.

Ek wag vir jou langs ’n side-walk, langs die strand.
Die see spoel klippe uit, wind waai die sand.
‘Without you’ is ek nes ’n skulp: ‘Stranded without hope’.
Ek fight met daydreamers en stry met wolke.
Alles wat ek wou sê is gesê. Ek het van woorde vergeet
en trane het my ingesluk. Ek wou jou sê dat ek jou by
my wil hê. Toe stap jy weg; deur die crowd het jy
my uitgedruk.