Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Sing ’it > Entries | Inskrywings

"Jy’t vir my die liefde kom aandra" deur Michael Laubscher


Michael Laubscher - 2011-11-09

 

Jy’t vir my die liefde kom aandra

Engele en duiwels loop langs mekaar
Maar jy help my om die tekens te gewaar
So waai ons liefde die wye wêreld vol
Van vlaktes verlaat tot geknipte doringdraad
By  branders wat breek  terwyl die mis aanrol
en  die son die dag stadig agterlaat
Ek kan nie ons liefde vasvang in ’n woord
Maar jy vertel my dis soos dit hoort

Koor

Jy’t vir my die liefde kom aandra
Voordat ek nog daarvoor kon vra
Jy het die liefde vir my aangegee
En dit vasgemaak tussen ons twee

Oor berge en oor die dale
En oral trek ons twee se liefdesverhale
Die spoor bly my nie altyd by
En hoeveel rusplekke is ons al verby?
Help my om my seëninge te tel
En al die wonderwerke te vertel
Jy en die lewe  het my kom  wys
die liefde is ’n immergroene reis                   
Ek kan nie ons liefde vasvang in ’n woord
Maar jy sê  dis soos dit hoort