Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Kennisgewings | Notices

Agt van SA se top-dansgroepe sê mekaar die stryd aan vir die titel van Red Bull Beat Battle-kampioene van 2011


2011-11-08

Untitled Document


Plaaslike dansgroepe spook dit uit

Oktober, 2011 (Johannesburg) – Red Bull Beat Battle stel sy kompetisie bekend waarin agt dansgroepe mekaar die stryd gaan aansê vir die titel van 2011 se Red Bull Beat Battle-kampioene. Dit word op 19 November 2011 by The Blue Room in Johannesburg se OuParkstasie aangebied.
 
Met die wye reeks stedelike dansstyle wat byeengebring word – wat wissel van die ritmiese Pantsula, die energieke Hip Hop, die ekspressiewe bewegings van Krump, die immer ratse en stylvolle iSbhujwa tot die unieke, akrobatiese Suid-Afrikaanse weergawe van B-boying – gee die Red Bull Beat Battle die Suid-Afrikaanse danskultuur ’n hupstoot en bied dit ’n platform vir plaaslike dansgroepe om hul talente ten toon te stel. 

Volg die 8 dansgroepe van oral in die land


In November by The Blue Room by die Johannesburgse Parkstasie sal die volgende groepe met mekaar meeding: Afro Tribal Dance Movement (Freestyle), Artistic Intelligence (Hip Hop), Genesis Kings (Krump), Real Actions (Pantsula), Royal Fam Kings (Krump), Shakers & Movers (Pantsula), Soweto’s Finest (iSbhujwa) en Ubuntu (B-boys). Al die groepe het ’n strawwe keuringsproses deurgegaan en word beskou as die beste in hul onderskeie genres.

Elke groep sal die geleentheid kry om saam met van die beste choreograwe en vervaardigers in die bedryf te werk. Die Suid-Afrikaanse choreograaf, sanger en akteur Somizi Mhlongo sal die voortou neem om hulle te help met hul danse vir die finale ronde. In die finaal word hulle beoordeel op hul styl, kreatiwiteit en die algemene reaksie van die gehoor. Die groep met die beste telling sal gekroon word as 2011 se Red Bull Beat Battle-kampioene.

“Die danskultuur in Suid-Afrika het ’n ryke tradisie en ek sien uit daarna om by die projek betrokke te wees,” sê Somizi. “Red Bull het ’n unieke platform geskep wat ’n ongelooflike geleentheid vir plaaslike dansgroepe bied om hulself in dans uit te druk. Dit gee ook vir meer Suid-Afrikaners die geleentheid om te sien watter skatkis van talent daar is en om dit na behore te waardeer.”

Om meer te wete te kom van die dansgroepe en hoe hulle in die kompetisie vaar – ingesluit web-videogrepe en blogs van die dansgroepe – besoek www.redbullbeatbattle.co.za

Groot geleenthede in 2012


Ná 2011 se finaal in November gaan die Red Bull Beat Battle uitgebrei word deur op nasionale vlak inskrywings te vra om Suid-Afrikaanse dansgroepe die geleentheid te gee om te wys waartoe hulle in staat is. Agt van die beste dansgroepe sal uit die kwalifiserende ronde gekies word om dit uit te spook vir die titel van 2012 se Red Bull Beat Battle-kampioene.

Volg die Red Bull Beat Battle op: