Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Feeste | Festivals > Artikels | Features

Die lang pad na Richmond – ’n logboek-inskrywing


Bibi Slippers - 2011-11-04



Donderdag 27 Oktober 2010.  9 vm. Kaapstad.

Geliefde, notaboek, kamera, padkos, pen en skoon onderklere ingepak.

Vertrek (’n halfuur laat) van die huis af, gooi R523,76 se brandstof in by die Total in Observatory. Olie, water, bande – check.

Ry 14 km na die huis van Albie Sachs. Pak Albie se sak, tas, kussing en hoed by ons bagasie in die kattebak. Vertrek (nou byna ’n uur laat) seelangs N1 toe. Noord se kant toe. Richmond toe.

Geliefde bestuur eerste, oë plus-minus op die pad. Ek is die ene ore - maak mental note op mental note van Albie se stories, 309 kilometer ver tot die by Laingsburg Hotel. Die karnivore eet skaaptjops, die vegetariër ’n toasted cheese. Almal eet slaai. Dan laat ons waai.

Dis my beurt om te ry. Stop ’n go, stop ’n go, stop ’n go vir 200 kilometer tot op Beaufort. Die karnivore drink koffie, die vegetariër besoek die ladies' room. Ons gooi maar weer brandstof in (net vir ingeval) en vat weer die pad.

Dis Geliefde agter die wiel, en nou is Albie op ’n roll. Hy vertel van die nuwe grondwet in Turkye, die ou dae in Mosambiek, sy eerste dae in die Nuwe Suid-Afrika, sy vrou se bobotie-resep. As sy stories begin min raak, luister ons Graceland vir die res van die 225 kilometer tot dit skemerig raak en ons uiteindelik in Richmond aankom.

My kilometerlesing is 748 kilo's ryker. (Ons het verder gekom as dit ...)


 

Return to the Boekbedonnerd Bookshelf | Keer terug na die Boekbedonnerd-boekrak.