Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > NB-Uitgewersportaal | NB Publishers Foyer

Nuut by NB-Uitgewers


2011-11-03

Untitled Document

Nuut by NB-Uitgewers dié November:

7 Dae, Hiervandaan, David Kramer ’n Biografie, Wildvreemd, Mankepank en ander verse en Jakkals en Wolf

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


Uitgewer:

Human & Rousseau

ISBN:

9780798156219

Prys:
R225


7 Dae
Deon Meyer

Ek sal elke dag ’n poliesman skiet, tot julle die moordenaar van Hanneke Sloet aankla, lees die dreigbrief aan die SAPS. En dan begin hy hulle skiet. Bennie Griessel is die een wat die dossier moet heropen. Die saak is 40 dae oud, die spoor is koud. Daar’s geen motief nie, geen leidrade nie, net ’n reeks naakfoto’s, ’n hoogs ingewikkelde saketransaksie, en onmenslike druk van topbestuur, die media en die meedoënlose, onpeilbare sluipskutter. Griessel se sewe dae van hel.

Klik hier en koop jou eksemplaar van7 Dae nou van Kalahari.net!


Uitgewer:

Tafelberg

ISBN:
9780624053187

Prys:
R175


Hiervandaan
Dana Snyman


Veelbekroonde reisskrywer Dana Snyman vertel die verhaal van sy eie lewensreis, dié van sy familie en van sy land.  Hy reis agter stories uit die verlede, van die eerste Snyman, seun van ’n Duitse pa en ’n slavin-ma. Elkeen van ons het mos sy eie “Inkandla” – tuisdorp – en Dana se reis neem hom onder meer ook na Julius Malema se ouma se huis en na President Zuma se werklike Inkandla in KwaZulu-Natal, waar hy by President Zuma se broer aandoen. Dit word die storie van almal wat “hiervandaan” is. Eg en gevul met deernis, soos ons Dana leer ken het.


Klik hier en koop jou eksemplaar van Hiervandaan nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Tafelberg

ISBN:

9780624049678

Prys:
R195



David Kramer: ’n Biografie
Mathilda Slabbert & Dawid de Villiers

David Kramer se bekendheid strek wyer as die Karoo se vlaktes. Sy weghol-treffers en oorrompelende glimlag in die Volkswagen-advertensies het in die 1980’s ’n huishoudelike naam van hom gemaak. Net meer as ’n dekade later het sy musiekblyspele saam met Taliep Petersen internasionale roem gebring met vertonings op die West End en Broadway. Maar wie is die man agter die kitaar en die rooi velskoene? Dié biografie onthul die fyn waarnemer en intellektueel, die man wat kan toor met Afrikaans en die rustelose kunstenaar wat gedurig smag na nuwe uitdagings. Dit verklap ook waarom hy vir ’n tyd lank sy rooi velskoene opgehang het.

Klik hier en koop jou eksemplaar van David Kramer: 'n Biografie nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Tafelberg

ISBN:
9780624053392

Prys:
R195


Wildvreemd
Carina Stander

Een maal ’n maand stap sy af dorp toe, maar ná jare laat sy steeds die skindertonge klap: die brand, dis sý wat dit gestig het; sy vergiftig seuntjies; die merk aan haar keel, dis waar die hiëna haar gebyt het; ’n gevaarlike vrou; ’n heks. Wie ís Angelina werklik?



Klik hier en koop Wildvreemd nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Tafelberg

ISBN:
9780624052562

Prys:
R250


Mankepank en ander verse
Antjie Krog & Diek Grobler (ill.)

’n Keur van net meer as dertig nuwe, sowel as ouer, verse vir kinders deur wêreldbekende digter en skrywer Antjie Krog. Mankepank en ander monsters het oorspronklik in 1985 verskyn. Al 21 gedigte is weer hier opgeneem, tesame met ’n aantal voorheen ongepubliseerde verse. Hier is feetjies, monsters, spoke, en ’n reus; vreemde omies, Antjie Somers en die tokkelos.



Klik hier en koop Mankepank en ander verse nou by Kalahari.net!


Uitgewer:
Human & Rousseau en Bookstorm
ISBN:
9780798152846
Prys: R199


Jakkals en Wolf
Pieter W. Grobbelaar & Séan Verster (ill.)

’n Versameling Jakkals en Wolf-stories uit die verhaleskat van baasverteller, Pieter W. Grobbelaar. Skelm Jakkals sal nie skroom om arme ou Wolf aan die pen te laat ry nie. En Wolf trap elke keer weer in die spreekwoordelike slagyster wat Jakkals vir hom stel. Vol humor, maar ook waardevolle lewenslesse uit die manewales van dié twee geliefde karakters.




Klik hier en koop Jakkals en Wolf nou van Kalahari.net!