Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > Kennisgewings | Notices

Somer debuut vir Fleur du Cap Unfiltered Sauvignon Blanc 2011


2011-11-02

Untitled Document

Fleur du Cap, bekend vir hul uiters elegante Unfiltered wyne, het ’n nuwe oesjaar van hul Sauvignon Blanc vrygestel, wat hierdie somer beslis sal seëvier. Die nuwe Fleur du Cap Unfiltered Sauvignon Blanc 2011 is ’n besonderse somerkos-wyn wat heerlik saam met ryk Namibiese oesters, aspersies, groen slaaie getooi in vinaigrette en pikante Thai geregte geniet kan word.

Die druiwe, afkomstig uit Darling en Kaap Augulhas, is uiters sorgvuldig uitgesoek en handgemaak by Die Bergkelder om ’n komplekse, vol-ronde wyn te verseker. Deur staat te maak op natuurlike tradisionele praktyke in plaas daarvan om die wyn te filtreer, word verseker dat die Sauvignon Blanc eenvoudig oorloop van vrugtesmake en geure.

“Hierdie vars, briljante helder wyn is propvol aromas wat die volle Sauvignon Blanc spectrum insluit soos spanspek, wit perskes, lietsjies, appelliefies en ’n titseltjie aspersie.  Dit is besonder goed gebalanseerd, met ’n weelderige mondgevoel en het ’n nasmaak wat op die tong talm” sê Wynmaker Pieter Badenhorst.

Fleur du Cap Sauvignon Blanc 2011 word deur sy elegansie uitgesonder en sal weelde verleen aan enige ete – op die stoep of by ’n meer formele dinee. Dit is beskikbaar by uitgesoekte boetiek wynwinkels teen ongeveer R95. Vir meer inligting, besoek www.fleurducap.co.za.