Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Bieg | Confess

Hasie, onder watter klip woon jy?


Madame - 2011-11-02

Onder watter klip woon jy?? Respek moet verdien word, ou pêl.

Kom laat ek jou vertel hoe dink ’n vrou. Seks begin die oggend wanneer jy jou hasie-ogies oopmaak. As jy jou vrou/vriendin soos ’n vark behandel, moenie verwag om vanaand ’n lekker sessie af te werk nie. Behandel ’n vrou soos ’n dame en met respek en jy sal verbaas wees. As ek respek, liefde en verdraagsaamheid kry, sal my man net kry wat sy hart begeer en nog meer.

Jy is ’n regte "male chauvinist". Jy het seker ’n ongelooflike swak selfbeeld en ’n klein tottie daarby.

Madame