Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Onderhoude | Interviews > Afrikaans

Tel jy?


Naomi Meyer - 2011-11-02

Untitled Document

Simbolies ofte nie: sewe miljard mense bewoon nou amptelik die aarde. En in Suid-Afrika word die drade ten opsigte van die sensus geknoop. Naomi Meyer het vir Marius Cronjé, uitvoerende hoof van Statistieke SA in die Wes-Kaap, oor die Groot Tel uitgevra.

Watter kontrolesisteme is daar om te verseker dat mense nie oorgeslaan word met betrekking tot die sensus nie?

Daar is redelik baie aspekte. Daar is in die veld besoek wat ons doen gedurende die projek om te verseker almal word getel. Dan is daar ’n na-sensus-opname, waar ’n onafhanklike span teruggaan na geselekteerde gebiede en weer ’n opname doen. Die twee word dan vergelyk. So kan ’n mens agterkom hoeveel mense gemis is.

Wat is die hoofdoel van hierdie sensus?

Die doel van die sensus is om soveel as moontlik data in te samel om met beplanning te help. Dit is die enigste projek wat aan ons data op pleknaamvlak kan verskaf. Verskeie mense maak gebruik van die data, soos navorsers, besigheidsmense en die regering.

Sou dit nie meer koste-effektief gewees het om die antwoorde van die begin af elektronies in te voer nie (byvoorbeeld op ‘n selfoon)?

Ons het gekyk na alle soorte tegnologie en dit is glad nie so maklik soos wat mense dink nie. Ons doen aanhoudende navorsing en kyk ook wat ander lande doen. Ons hoop om met die volgende sensus van die nuwe tegnologie te gebruik.

Hoe gemaak as ek nie getel is nie, Marius?

Mense kan die tolvrye nommer 0800 110 248 skakel, of ’n e-pos stuur aan censu2011@statssa.gov.za.