Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Ondersteuningsgroepe | Support Groups

Verslawing: My man kan nie ophou drink nie


Moedeloos - 2011-10-27

Ek is op die punt om my eie pad te gaan.

My man weet hy het ’n drank probleem – hy drink daagliks. Dit is die eerste ding wat hy doen as hy in die huis instap, vir hom ’n drankie gooi. Dit hou nie op voor hy gaan slaap nie, dan drink hy nog  ’n slaappil en antidepressante ook.

Ek weet hoe erg depressief hy is – hy het twee jaar terug sy besigheid wat hy 12 jaar opgebou het, verloor. Ons het als verloor, ons huis, ander eiendom en al ons voertuie.

Hy wou nie gehad het dat ek van ons finansiële probleme moes weet nie. Vandat hy my vertel het en dat die Bank toegeslaan het, was presies twee weke.

Hy was toe nege maande sonder werk. Ons het toe in die Kaap gewoon. Hy het toe in Vereeniging werk gekry, vir ’n skamele salaris. Ek kon ’n jaar later eers ’n oorplasing kry.

Hy het my toe laat verstaan dat hy oor sy drankprobleem was, maar toe het niks verander nie. Hy is al ’n alkoholis van 2005 af, alhoewel hy dit eers die laaste jaar erken het.

Ons was 1 Oktober 17 jaar getroud, met twee kinders, ’n dogter van 15 en seun van 13.

Dit is nie ’n plesier om so te leef nie, en ja, my kinders wil ook eerder by maats wees as tuis, veral naweke.

EK het besonderhede opgesoek oor SANCA, maar hoe kan mens reël dat my man 21 dae van sy werk af bly?

Ek is net weer eens so moedeloos nadat ek vandag weer gesien het hoe hy drank in die motor wegsteek en kort-kort skelm gaan drink.

Ek ken die simptome al so goed. Hierdie is my laaste poging.

Ek is moedeloos.





Reageer | Respond:
ondersteuning@litnet.co.za