Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Bieg | Confess

Pamsey – geen preek!


Tweede Kans - 2011-10-27

Hierdie blad bevat moontlik erotiese verwysings. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page may contain erotic references. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Ek verstaan jou situasie baie goed – dit kon net sowel ekself 12 jaar gelede gewees het wat jou storie geskryf het. Ek was so oud soos jy, en die getroude man was ook 39.

Ek het geglo ons is geesgenote (toe nie); hy's lojaal aan my (ook nie waar nie) en hy's lief vir my (VALS!). Al wat ek eintlik was, was afleiding vir ’n middeljarige man met ’n midlife crisis. En ek glo dis presies so in jou geval ook.

Ek weet hoe verward jy voel, want jy weet wat reg en verkeerd is en jy weet in jou siel dié verhouding is verkeerd, maar jy weet nie hoe om daaruit te kom nie. Hy laat jou soos ’n prinses voel, maar eintlik gebruik hy jou net – vir seks.

Weet jy wat? ’n Affair is soos verslawing, en dis ’n verslawing wat by jou gaan spook tot jy daarvan ontslae raak. En hy gaan nie, want hy kry al die voordeel daaruit – no strings attached.

So die bottom line is: JY gaan die een moet wees wat BAIE sterk gaan moet wees en die verhouding verbreek. Dit gaan nie maklik wees nie, maar jy kan en sal daardeur kom, glo maar vir my.

Jy klink vir my na ’n oulike verstandige mens, so vir jou eie beswil: volg my raad, asb!

Dis so jammer jy het in so ’n situasie verstrik geraak, maar jy kan en moet jouself daaruit losmaak! Vir jouSELF!

Ek het niemand gehad om my te ondersteun toe ek die besluit moes neem nie, maar vandag is ek nie spyt daaroor nie, al loop ek met letsels van daardie tyd in my hart.

Ek is nie ’n prekerige ou tannie nie, ek is 33 jr oud en BAIE gelukkig getroud – met die regte man. Dit kan vir jou ook in die toekoms wees as jy NOU die regte besluit neem.

Belowe my net jy sal nie weer halsoorkop in ’n verhouding (en bed) spring oor jy “hom” mis nie.

As jy met my wil praat, skryf maar weer – ek kan en mag nie oordeel (preek) nie!

BAIE Sterkte – ek hoop jy kies reg, vir jouself!

Tweede Kans