Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Gay > Kommentaar | Commentary

Sinkplaatpad van die gemoed


Pierre Steyn - 2007-02-28


Vrydagmiddag sit ek en kom op 'n manier op die Gay@LitNet website af.  Tyd vir lees was daar min Vrydag, maar op die Maandag sit ek toe en lees van die artikels.  So na die 4de artikel voel ek asof ek teen 80 km/h op die taaiste grondpad nog was.  Die dood van Lohan in die grenstoe-artikel het my hier op kantoor laat snik.  Anton, Cobus en JP se manewales het my laat bloos. Sjoe. Lukas se kas het al my vrese van toe ek 21 was aangewakker.  Die toring los ek maar vir later, bang hier op kantoor. 
 
Weereens besef ek die behoefte aan deel is nie eiesoortig aan ons gemarginaliseerdes nie.  Almal wil iewers uiting kan gee aan hul gemoed.  Hierdie omgewing wat geskep is, is net nog 'n medium van ons tegnologiese eeu.  Hier is kuierplek vir mense wat verby jou stap op straat wat jy nie op 'n ander manier sou mee kon kommunikeer nie. 
 
Dankie aan al die skrywers vir julle bydraes. 
 
En as daar dalk iemand is wat openhartige eerlike pel soek, laat weet maar.

Pierre Steyn
5/2/2007
 
(Brief verkort – Red.)