Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Gay > Kommentaar | Commentary

Die storie van die advokaat


Hennie van Deventer - 2007-02-28

Aan Johannes de Witt:

My ma stuur nou-net vir my 'n skakel na jou storie van die advokaat (wetend dat ek myself ook nou onlangs in die troebel waters van online dating begewe het); sy sê ek moet gou lees en laat weet wat ek dink. Ek maak toe ook so, en my antwoord op haar email was rofweg die volgende:

Ag hemel, vee ek nou trane van histerie uit die oog! Dis hilarious, en o, o, O SO RAAK. Regtig, dit kon netsowel ek gewees het. Gaan summier 'n kommentaar van waardering stuur.


Ek kan nie ophou giggel nie, die moffies darem ...

Dis nou ook al heelwat later, en steeds giggel ek onbedaard. Dis 'n riem onder die hart om te verneem dat ek nie die enigste een is wat al dié klas van ding moes deurgaan nie.  Dankie vir die lekker lag! En ja, die hoop beskaam nie. Dalk is hy tog maar weggesteek daar iewers tussen die "fun" en "cool" en sedelose ge-"living life to the fullest".

Groetnis

Hennie van Deventer
3/11/2006