Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Snars poëtika

Waar is Wopko Jensma?


Bibi Slippers - 2011-10-21

Die week in woorde


Party vrae het noodwendig baie antwoorde.

Voor mens te hard begin wonder waar Wopko is, is dit dalk ook nodig om te vra wie Wopko was.

Hierdie vraag het hy self op baie verskillende maniere beantwoord (en nie beantwoord nie). In ’n artikel wat ek op die wêreldwye web raakgegoogle het, skryf Michael Gardiner: “South African culture has experienced the multiple in individuals before, but Jensma's exploded self sought to incorporate the whole country in a single being, despite the shattering effects of apartheid.” Beste plan vir dié wat wonder wie Wopko was, is om in sy werk te gaan soek na die antwoord.

Verskeie Suid-Afrikaanse en buitelandse navorsers is tans op Wopko se spoor, met belangstelling in sy werk wat oral opvlam. Verlede naweek by die Melville Poetry Festival het Johann Lodewyk Marais en Leti Kleyn, wat besig is met ’n reuse-navorsingsprojek oor Jensma, ’n aanbieding oor die man en sy werk gedoen. Vriende en kennisse van Wopko het ook van sy werk voorgelees. Vandeesweek verskyn daar ook op LitNet Akademies ’n akademiese artikel deur Willem Anker, wat Jensma se werk deur sy D&G*-bril beskou.

Blykbaar word serendipity beskou as een van die Engelse woorde wat die moeilikste is om te vertaal. Ek gaan nie probeer nie. Maar dis pure serendipity dat Wopko vandeesweek sommer twee keer op LitNet opduik. Waar is Wopko Jensma? Hier. En hier.

Waar is Wopko Jensma? Hier. En hier. Ook hier. En hier. Wopko Jensma is hier. En hier.

Wopko Jensma leef. Hier:







(*Let wel: Deleuze & Guattari, nie Dolce & Gabbana nie)

Nuwe Skryfwerk op LitNet


Gedigte

nog boomkwatryne
Gerhard Bothma

Hotelbed: ’n meditasie
Joan Hambidge

Melville Poetry Festival
Adriaan Coetzee

hoenderkode en aardreg
Celesté Fritze
Kortverhale uit Blou Maandag:

’n Maniese Maandag

Deborah Steinmair

Ek en my hond op ’n Maandagoggend
Erns Grundling