Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Gay > Kommentaar | Commentary

Wonderlik


Margaritha Nel - 2007-02-28

Ek werk in Saudi, en geniet die rubriek geweldig. Meer nog, dis wonderlik stimulerend en motiverend!
 
My reaksie? Wat ‘n vrou! Met durf en moed, liefde en intellektuele krag, jy, Anne-Marie, en jy, Suzanne.
 
Ek het vier jaar gelede die moed in werking gestel om my 12-jarige huwelik te beëindig omdat ek 'n vrou liefhet.
 
My dogter, toe 8 jaar oud, het ook hoeveel maal in woorde, en met haar oë, my gevra om dit asseblief meer subtiel te doen. My seun van 6, was minder gesteur … op die oog af. Daarom, 4 jaar en baie worstelinge verder (en nie meer in ‘n verhouding nie), in Saudi, werk ek doelgerig saam met elke ander homoseksuele mens in Suid-Afrika om uiteindelik te geniet waaraan so baie pioniers en dapperes soos jy gewerk het en ek weier om dit in die kas te doen.
 
Ek salueer jou, ek bid dat God jou seën, soos jy my seën!

Margaritha Nel
27/1/2007