Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Kompetisies | Competitions

''Quickie''-kompetisie: Plofstof


Linda Muller - 2011-10-20

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.


Omdat ons al gestoom het van begeerte vir mekaar, raak ons heeltyd in die motor suggestief aan mekaar. Hy jaag (jags). Ek soek met my oë die goedkoop hotelletjie, terwyl my hande hom deursoek. Ons giggel. Ons wag al lank hiervoor. In die gehuurde vertrek druk hy my teen die deur. Spontaan, diep-intiem soen ons en hou aan daarmee terwyl ons hande hulle vergryp aan mekaar se vurige vlees. Halfpad ontklee, neem ons oorgretig mekaar se essensie in, beweeg angstig asof ons lewens daarvan afhang, na die groot ontploffing toe. En dán, skiélik, ontmoet ons oë, kreun ek in oorgawe, sluk hy sy asem hygend terug, en laat hierdie plofstofoomblik ons skrapnel skiet in mekaar.