Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Bieg | Confess

Aan Honger oor “Gatvol”


Hasie - 2011-10-19

Hierdie blad bevat moontlik erotiese verwysings. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page may contain erotic references. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Honger jy is te goed vir haar ou pel. Ek is ook soos jy ou vriend en kry nie wat ek wil hê nie, maar laat ek die dag myself soos ’n vark gedra en vloek en skree, dan verander die houding skielik en kry ek net wat ek wil hê. Ek verstaan dit nie. Ek sien ook hoe my armsalige ja-broer vriende wat nie die broek in hulle eie huis dra nie, aftjop onder hulle vroue en se “nee dankie” vir dit. ’n Vrou moet jou respekteer en sien as die "alpha male", dan kry jy enige iets reg en al die ander vroue wil jou ook hê.

Jammer, maar dit is die werklikheid.

Hasie