Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Kompetisies | Competitions

''Quickie''-kompetisie: Outops


Mej Meerkaaikie - 2011-10-19

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.


My hele lewe lank was ek maar die spreekwoordelike jagse katjie wat ’n gaping maar net nie kon los nie. Doodnormale wese vol begeerte en drang. Volgende week word ek 28. Seker al so 20 manne deurgedraf. Die eerste: proef-onnie – standerd nege. Agter die skool se kolekamer. Onbeholpe en ten volle bevredig het hy sy saad gulsig gestort net na die sewende stootslag. Reuse-teleurstelling. Sewe jaar later het “Outops” dubbel en dwars daarvoor vergoed. Sewentig jaar oud: gesig en hande  sonbruin verniel, vol plooie, maar pragtige, streelsagte, spierwitte lyf. In sy buitekamertjie het ek die regop genot se plesierstam gevat, herhaaldelik. Vyf keer na mekaar die klimaks geklim tot waar miljarde sterre in my kop ontplof.