Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Kompetisies | Competitions

''Quickie''-kompetisie: Maryke se leermeester


Sors - 2011-10-19

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.


Jy sit hier voor my
Jou neus is smal
Jou hande o so fyn
Jou skouers sag
Jou voete klein
Jou oë so groot
– hulle skyn soos die oggendster …

Jóú portret met apologie aan Uys
Babbelend oor jou gróót dag
Betowerend jou tussenspelspel met my
Jou lag ’n ontblotende lewenslus

Jy gefokus op dié dag
Ek vasgenael langs jou
Jou deinende ontwaking
My groeiende jarigheid

Ek skryf: “Wys my dié rok”
Jy bloos en wink my saam
Nou staan jy voor my
In net maagdelike sy

Jy skyn soos die oggendster
En ons “Verstrengel
soos die lote van ’n wingerdstok”
En ek verstaan dié intrige
“Maar wat die mooiste is
gaan ek verswyg”