Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Kompetisies | Competitions

''Quickie''-kompetisie: Gras


Ommesteek - 2011-10-19

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.


Somermiddae is hel, dink Liesl. Sy probeer slaap. Dis tevergeefs. Haar bure het kreunend en gillend seks. Haar hand gly na haar klam pantie, maar sy besluit om eerder op te staan en te gaan stap.

In die veld waai die wind deur die droë grasse. Sy gaan staan en kyk na die graspeule. Honderde, duisende glanskoppe waai in die wind. Deinende see van erekte piele koggel. Ry ons, voel ons, lek ons, terg ons ...

“Fokkit!” roep Liesl, en draai terug. Sy gaan lê op haar bed, pluk haar pantie af. Gretig steek sy twee vingers in haar koekie, vryf haar klit met haar duim.

“Hande bo die komberse se gat!” roep sy kliphard en hoop die bure hoor haar.