Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Kompetisies | Competitions

''Quickie''-kompetisie: Eerste werkonderhoud


Kleinjan - 2011-10-19

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.


’n Welluidende manstem vra ek moet inkom. Die veiligheidshek buzz oop. Sy verskyn op die bopunt van die wenteltrap in die ruim foyer en beduie ek moet opkom.
 
Sy’s slank, en haar lang raafswart hare blink in die middagson wat deur die daklig op die trap skyn.

Sy stap vooruit en haar boudjies wikkel verleidelik. "Nommer 4 is aan die sonkant ..."
 
My asem snak toe ek die see-uitsig inneem. Die mat is pluisig-sag onder my voete.

"Die slaapkamer en badkamer is ..."

Toe ek wakker word, staan die meisie en die manstem langs die bed. Hy praat eerste: "Welkom in Crystal Court."

Ek is naak, en besef my onskuld sweef iewers in hierdie luukse slaapkamer rond.