Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Fiksie | Fiction

Genesing


Frieda - 2011-10-18

Untitled Document

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.


Na my man se dood was ek vir ongeveer ses maande ontroosbaar hartseer. Toe vir vyf jaar was ek emosioneel dood. As iemand nie toevallig opgemerk het dat my man al vyf jaar gelede oorlede is nie, sou ek dit sekerlik nie eers besef het nie.

Gelukkig was ek na sy dood finansieel baie, baie goed daaraan toe.

Maar dit het nie veel gehelp nie, want ek was as ‘t ware emosioneel en liggaamlik net nie daar nie.

Een oggend, omtrent vyf en ’n half jaar na my man se afsterwe, het ek wakker geword met die gevoel dat ek uit die dood opgestaan het. Die rede? Ek het ’n droom gehad, saam met ’n advertensie. Ek het die advertensie gelees van iemand wat glo al jou eksotiese begeertes sal bevredig – teen ’n fooi.

Ek kon nie begryp dat so iets my enigsins kon interesseer nie. Tog het ek begin wonder: Wat presies bedoel hy met “al jou eksotiese begeertes bevredig”?

Ek het die koerant eenkant toe gesmyt en gaan bad. In die bad het ek egter gevind dat die heerlike warm water vandag ’n vreemde uitwerking op my het: as ek roer, kon ek die water se beweging oor my voel - dit het gevoel soos die streling van warm hande.

Toe doen ek iets wat ek laas as hoërskoolleerling gedoen het: ek masturbeer. En soos ek vorentoe en agtertoe beweeg, is ek intens bewus van die water wat oor my streel en streel - soos die hande van my man destyds.

Skielik het ek opgehou. Die masturbasie bevredig my glad nie. Ek wil ’n man hê!

Ek het die nommer in die koerant gebel en daardie aand het die klokkie van my voordeur gelui. Voor my het ’n ses voet vier lange stuk mansvleis gestaan. Ek het die hele dag hiervoor voorberei en het nie afgewyk nie. Ons is direk slaapkamer toe.

Op ’n tafeltjie het ek wyn en whiskey en al die nodige toebehore uitgestal. Nadat hy vir hom en my ’n drankie gemaak het, het hy op die bed gaan sit en my vraend aangekyk. Ek was geklee in ’n nagjapon en ’n sagte wit broekie. Die moderne D-string-goeters het my verbygegaan.

Sonder om iets te sê het ek tot voor hom geloop en hy het sy bene wyd oopgemaak sodat ek amper teen hom kon staan. Ek het my japon oopgemaak en hy het na my borste gekyk en toe saggies albei sy hande om my borste gevou. Terwyl hy die tepels saggies gedruk en gestreel het, het ek fluisterend verduidelik wat my eksotiese behoeftes was: ons sou nie “liefde maak” nie, altans nie soos hy, of ek met my man, gewoond was nie. Kortom: “Jy moet my naai, aanhoudend en onophoudelik, sonder dat jy my soen – net naai en streel en naai … En ja, jy mag nie kom nie. Verstaan?”

Hy het beterweterig geglimlag en my tepels vinniger gestreel. Sy gesig het oor my maag en heupe beweeg en sagte snuifgeluidjies gemaak: “Jy ruik hemels en jou vel is nog so sag …” Die woord “nog” het my nie verbygegaan nie.

Sy groot hand het tussen my bene inbeweeg en sy vingers se kneukels het oor en tussen my skaamlippe beweeg – deur die dun materiaal van die broekie kon ek hom voel en dit was soos toe my man …

Ek het hom gestop en hom laat opstaan. Toe gaan sit ek self op die bed. Hy het voor my kom staan en ek het my hand oor die reuse-knop in sy broek laat gly. Ek het sy lyfband losgemaak en sy broek losgeknoop. Toe die broek op die mat val, was die reuse-penis voor my. Die aanskoue daarvan na soveel jare het die bloed na my kop gejaag en my ore het gesuis. Sy penis was duidelik nog nie heeltemal styf nie, want dit het gehang. Maar die grootte daarvan het my asem weggeslaan.

Ek het vooroor geleun en hom geruik: die manlikheid van sweet en liggaamshitte het ek ingedrink. Ek het sy penis in my hande geneem en die vel saggies en stadig, stadig agtertoe getrek: die glans het sag maar reusagtig groot voor my gepryk. Ek het die onderkant saggies begin lek en dadelik agtergekom dat dit groter en gladder word. Ek het al met die dikker wordende penisskag afgeruik tot in sy lies, waar die skaamhare my neus begin kielie het. Ag, dit was heerlik: net ’n man kan so ruik. Ek het afgebuk sodat ek onder die balsak kon lek en ruik.

En skielik – ek word nou weer skaam as ek net daaraan dink – die verskriklike begeerte om sy anus te lek. Ek weet my man het altyd daarvan ...

Sonder ’n woord het ek hom omgedraai sodat sy ferm boude onbeskermd voor my was. My hande het om sy lyf gegaan en saggies met sy penis gespeel. Teen dié tyd het die reuse-ding reeds stokstyf en pennetjie-orent gestaan.

Maar voor my was sy boude: ek het my gesig teen die gleuf gedruk en die heerlike, soet reuk van sy anus ingesnuif. Ek het my neus en tong tussen die boude ingeforseer deur my gesig op en af te beweeg. Uiteindelik het ek sy penis gelos en sy boude met my hande oopgetrek – ag, toe my tong oor die bultjies van sy anus gly en die smaak en reuk daarvan my binnedring … my ore het getuit en my hart het in my bors galop, net soos toe my man altyd so … Hy het vooroor gebuk en sy boude vir my verder oopgetrek. Ek het my tong so diep as ek kon in die heerlike, geurige gaatjie gedruk. Hy het saggies gesug en toe gesê: “Bliksem, jy’s fabulous!”

Toe het ek hom weer omgedraai en probeer om daardie reuse blou en geswelde peniskop in my mond te kry. Ek het gesukkel en slegs die punt van sy penis gesuig en gesuig en gevoel hoe hy my hare streel en my kop nader trek in ’n poging om meer van sy penis in my mond te kry.

Na ’n lang ruk het hy my versigtig teruggedruk op die bed en ek het my bene gretig oopgemaak – benoud dat ek sy penis nie in my sal kry nie. Ek het soveel jare laas die heerlikheid van ’n man tussen my bene gevoel.

Maar hy het afgebuk en ek kon sy tong tussen my skaamlippe voel gly: heen en weer oor my klitoris soos hy my heerlik streel.

En toe druk hy sy tong in my bewende liggaam … Ek het gevoel hoe die konvulsies in my vagina opbou en opbou en oor my hele liggaam spoel.

Toe ek kom, het ek my verbeel dat ek skree dat die mure bewe, maar ek het nie regtig nie. Ek het die groot heerlikheid in stilte geniet en geniet soos dit laas met my man …

“Jy het gekom,” het hy verbaas en teleurgesteld gefluister.

Ek het my vinger op sy lippe gedruk. “Sjuut, ek het so lank daarsonder gewees. Jy het my bowendien so lekker gesoen daar …”

Ek het die platespeler aangeskakel en ’n jazz-nommertjie opgesit. ’n Saksofoon het romanties opgeklink.

Toe het ek na die en suite-badkamer begin beweeg om die sappe tussen my bene af te spoel, maar hy het my gekeer. “Nee, moenie. Ek love daai goeters.” Ek het op die bed gaan lê en aangedui hy moet langs my lê.

Hy het begin praat, maar ek het hom gestop: “Nee, sjuut, ek wil nie hê jy moet praat nie. Ek wil niks van jou af weet nie en ek wil nie hê jy moet iets van my weet nie. Ek wil nie hê ons moet op enige wyse vriende word nie. Jy is net vir my ’n … iets wat ek baie nodig het vanaand. Skink vir ons iets om te drink … wyn vir my. Ek wil nou bietjie dronk word.”

Soos daardie liedjie lui: “Kwart oor een en ek is ’n bietjie dronk en ek het jou nodig vanaand.” Ek het skielik baie gelukkig en tevrede gevoel.

Toe het ek opgestaan en op die rusbank wat ek en my man spesiaal daar geplaas het, gaan sit. Ons het lank in stilte gedrink en na die musiek geluister. Ek het gevoel hoe die wyn na al die uithoeke van my liggaam gaan en allerhande stoutighede daar losmaak.

Ek het na hom gekyk waar hy op die kant van die bed sit. Hy het nou al sy klere verwyder en poedelnaak daar gesit en na my gekyk en sy dop gedrink. Sy penis was nou slap en het soos ’n dik slangetjie tussen sy oopgespalkte bene gehang. So mooi en manlik en sag: ek kon die hele nag daarna kyk.

Maar die wyn en die gekykery het alweer iets in my wakker gemaak. Ek wou egter nie te gou reageer nie: die heerlike lekkerkry van kyk en begeer wou ek uitrek.

Na ’n lang ruk het ek opgestaan en na hom geloop en hy het vanself agteroor op die bed gaan lê, so kompleet asof hy wou sê: “Dè, vat hom en geniet hom, skatjie.”

Ek het die spieëltafel se stoeltjie tot voor die bed gevat en toe tussen sy bene plaasgeneem. Tot my verligting kon ek tog die blink glans in my mond kry. Ek het my oë toegemaak en saggies en met smullende genot gesuig en gelek en geruik. Ek kon albei my hande om die dik, warm skag van sy penis vou en het weer gewonder: Sal hy in staat wees om hom in my te druk? Ek het dit so lank gelede gevoel – ek is seker teen hierdie tyd te klein vir hom?

Toe oorval die begeerte om hierdie oorvloed naaigenot in my te voel. Ek het aan hom presies verduidelik waarvoor ek bang was en wat ek van hom verwag. “Ek wil nie hê jy moet my soen nie; sorg dat jy baie lank vat voordat jy kom; druk hom versigtig … baie versigtig in: ek is lanklaas genaai en dalk is jy te groot …”

Dit was lekker om oor hierdie dinge te bloos. Ek kon beswaarlik glo dat ek sulke dinge kon sê. Aan die ander kant: ek betaal vir hierdie genot, en blerrie baie ook!

Ek het gaan lê en my oë gesluit, soos toe my man altyd …

Ek het gevoel hoe hy my bene saggies oopdruk en toe voel ek sy tong oor my klitoris.

Ek het ’n gilletjie gegee van die skielike lekker, maar ek was vasbeslote om dit la-aa-ank uit te rek.

Na ’n ewigheid van genot het ek hom op die kop getik. Ons het mos afgespreek wat elke gebaar van my sou beteken; nou het dit beteken: druk daai ding baie, baie saggies in my en naai my asof jy nooit ooit gaan ophou nie.

Hy het sy peniskop eers oor my skaamlippe en klitoris gevryf en ek het geweet dat die gelek en gesuig en sy tong wat hy so diep in my gedruk het, my baie nat en gewillig gemaak het, want skielik het ek besef: hy is in my! Die bloed het opgeskiet na my keel en wange en die lekkerste warmte het oor my hele lyf gespoel. Ek het hom voel beweeg in my: eers in die rondte, in, uit, al dieper en dieper en dieper … soos my man miskien nie kon …

Ek het my hande op sy boude gekry en hom nog nader getrek; bliksem, ek het gevoel soos ’n roofdier wat hom met my hele liggaam wou verslind!

“Meer, meer, meer. Dieper, dieper,” het ek gekreun. “Nog meer, meer …”

Toe hyg ek hard en duidelik soos nog nooit tevore nie: “Fok my, fok my, komaan, gee dit vir my ...!” Ek het die geluid van sy klappende liggaam teen my gehoor en ek het gekreun en gepleit: “Nog meer, nog, nog …”

Toe gee hy my onverwags die teken wat ons afgespreek het: hy het sy penis uit my gepluk en die volgende oomblik het hy oor my bors posisie ingeneem en sy peniskop het tussen my lippe ingegly. Ek het die warm, polsende ejakulasie op my tong geproe en het die heerlikheid ingesluk terwyl ek suig so hard as wat ek kon. Hy het hees gebrul soos my man altyd gedoen het. En ek het gesuig en gesuig en geweet: ek het klaar vir my man gerou.

En daardie nag het ons my nuut-ontdekte vrouwees oor en oor gevier.

Totdat die sweet ons albei afgetap het.

Ek dink ek was genees.

Was ek regtig?

Dalk was alles maar net ’n droom?

Ag tog …