Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Nuwe boeke | New books > Afrikaans

Verkneukel jou in Blou Maandag


2011-10-18

Blou Maandag
Saamgestel deur Kerneels Breytenbach
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624053897
Prys: R160.95



Klik hier en koop Blou Maandag nou van Kalahari.net!




’n Wetenskaplike van Cardiff-Universiteit het ’n formule gevind om te bereken wanneer ’n blou Maandag mens gaan tref. Hy sê dit is die weer minus jou skuld, vermenigvuldig met die dae wat verby is sedert Kersfees, wat dan gedeel moet word die som van jou lae motiveringsvlakke en jou behoefte om aksie te neem. Daarvolgens was 25 Januarie vanjaar die amptelike, wetenskaplik bewese Blou Maandag.

Dalk gaan jy lag, dalk gaan jy huil. Tafelberg-Uitgewers het ’n klompie interessante persoonlikhede gevra om te vertel van hul ondervindings.

Verkneukel jou in die Blou Maandae van mense soos Dave Pepler, Koos Kombuis, Elma Postma, Ollie Viljoen en Lizz Meiring.

Hier is twee van die verhale. Deoborah Steinmair en Erns Grundling spring albei weg met die Boomtown Rats se bekende liedjie …