Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Feeste | Festivals > Kennisgewings | Notices

Cultivaria kunstefees


2011-10-17

Untitled Document

Cultivaria kunstefees
Paarl amfiteater, Paarl
27–30 Oktober

Die jaarlikse Cultivaria kunstefees aangebied in samewerking met Drakenstein Munisipaliteit vind vanjaar vanaf 27–30 Oktober in die Paarl plaas en feesgangers kan uitsien na ’n splinternuwe voorkoms en die hele feesterrein verskuif na die geskiedkundige Paarl Amfiteater op Paarlberg.

Vanjaar se Cultivaria skop weereens af op ’n glansryke noot met die tradisionele Bovril buitelug langtafel.

Die amfiteater huisves die Moir’s hoofarena met van die top produksies by die fees wat elke aand op die imposante verhoog aangebied sal word. Produksies soos Tydloos, Drie van die Bestes, Chris Chameleon, Afri-Talia sowel as die Sondag skemerkonsert met Mango Groove sal almal in die hoofarena aangebied word.

Die Cultivaria feesterrein spog ook met ’n verdere vier luukse, lugverkoelde produksieteaters, waar van die beste komedie, dramaproduksies en musiekvertonings in die land daagliks vanaf 09h00 tot 17h00 op die planke gebring sal word. TV sjef Sonia Cabano kook weer ’n storm los in Bokomo kombuis met feestelike resepte vir elke geleentheid en deel raad en resepte met feesgangers tydens lewendige kookdemonstrasies.

Vir die jongspan sal die Liqui-Fruit kinderteater weereens sorg vir hope pret en plesier met vele buitemuurse avonture en gepaste kinderproduksies. Vir die volledige feesprogram, besoek www.cultivaria.com.

Aanlynbesprekings kan per kredietkaart gedoen word.

Kontakpersoon: Linelle Kotze
Kontak sel: 0781168898
Kontak e-pos: admin@cultivaria.com
Kontak faks: 0218721551