Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Feeste | Festivals > Kennisgewings | Notices

Inkopie-flirtasie by Feesidees


2011-10-17

Feesidees
Simondium Country Lodge
26–30 Oktober
Toegang: R20 (gratis toegang vir kinders)

Die jaarlikse Feesidees mark by Simondium Country Lodge tussen Paarl en Franschhoek trek vanjaar sexy skoentjies aan vir ’n inkopie-ervaringsondergelyke.  Vanaf 26–30 Oktober 2011 word hierdiegrasieusegastehuisomtower in ’n feestelike skatkis met ’n gesellige, tog gesofistikeerde Franse straatkafee atmosfeer.

Meer as 120 uitstallers sal jou kooplus aanwakker met unieke en eksklusiewe produkte, wat ’n sprankel aan enige feesviering salver leen.  Elke uitstaller skep sy eie klein winkeltjie met present inspirasie vir enige geleentheid.  Besoekers sal hulle kan verlustig in ’n wye reeks geskenkidees van dekor- tot deli items, ontwerpersklere en mode-bybehore vir volwassenes en kinders, messegoed en glasware tot handgemaakte lapspeelgoed, onoortreflike tafelversierings en pamperlang badprodukte.Tuin-entoesiaste en aspirant groenvingers sal ook iets kry wat in hulle smaak val met kaktusse en vetplantjies asook lieflike tuin-dekor.

Die deli-afdeling spog weereens met watertand-lekker produkte soos vars plaasaarbeie, konfyte, ongelooflike toffies, tees en vyeprodukte asook tuisgemaakte beskuit en koekies, sjokolade salami, fynproewerskase en koeldrankstrope. Gaste kan in die buitelug teetuin en restaurant ontspan, terwyl hulle die innerlike versterk met ’n glasiewyn en heerlike versnaperinge.

Besoekers kan ook by verskeie werkswinkels inloer  en allerhande interessante handwerk tegnieke aanleer.  Marlize Lotz bied daaglikse sessies aan en besoekers kan leer hoe om hulle eie inkopiesakke van ongebleikte linne te maak en te versier, dekoratiewe drie-dimensionele teëls in potstaanders, muurversierings, seepbakkies of teelepelhouers te omskep en koerantpapier te herwin deur kontemporêre paper-mache tegnieke te gebruik.

Die Simondium Country Lodge is geleë op die R45 tussen Paarl en Franschhoek.  Kom kuier koop-koop saam met heerlike kos, wyne en musiek.  Openingstye is  Woensdag tot Saterdag van 09h00 tot 17h30 en Sondag van 09h00 tot 16h00. Ingang kos R20 vir volwassenes, gratis toegang vir kinders.  Ruim parkering en sekuriteit beskikbaar.

Vir meer inligting, kliek op www.festiveideas.co.za  of skakel 021 874 1046.