Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Teater | Theatre > Kennisgewings | Notices

Lagnes Improv-komedie by die Wynvlieg Teater


2011-10-17

Untitled Document

 

Lagnes Improv-komedie
Wynvlieg Teater, Boland Kelder, Paarl
19 Oktober: 20h00
Toegang: R40
Besprekings: www.ticketbreak.co.za

Lagnes is gesonde improvisasie komedie vir jou, jou ma, en jou troetel veghamster wat jy onwettig uit Thailand ingevoer het. Die vertoning is geskoei op die gewilde TV-reeks,  “Whose line is it anyway”. Wat jy dus op die verhoog sien, dink die Lagnes Monsters net daar uit. Daar is geen vooraf uitgewerkte teks nie, so die gehoor se idees word deurentyd ingewerk om dinge interessant te maak.

Die sleutel tot Lagnes se sukses, is uniekheid. Geen vertoning van Lagnes is ooit dieselfde nie, en is definitief ’n moet vir jou lagspiere. Enige iets kan en sal op die verhoog gebeur, dit hang alles van julle, die gehoor, af. Daar gaan natuurlik vir al die gelag betaal word, maar weet net,die gelaggery is beslis die moeite werd! Lagnes het ook onlangs hulle 1ste TV reeks opgeneem wat sopas  klaargemaak het op kykNET.

Kaartjies is beskikbaar by www.ticketbreak.co.za
Etes beskikbaar. Navrae by info@bolandkelder.co.za / 021 862 6190