Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Kompetisies | Competitions

''Quickie''-kompetisie: Eva se klere


Tantalus - 2011-10-14

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.


Toe Eva drie weke oud was, dink sy: “Adam sien my nie meer raak nie.” Sy maak toe vir haar klere van vyeblare.

Die middag pluk sy vrugte en roep vir Adam: “Kom eet, skat!”

Toe sy vooroor leun sodat die vrugtesous nie op haar vyeblare val nie, merk Adam die sagte klowing tussen haar borste.

Eva reik na vrugte hoër in die boom. Haar blarebloesie styg sodat Adam die pragtige pendules sien oplig om twee koepels te vorm.

“Laat ek jou help,” sê Adam en hy tel Eva op sy skouer. Sy hand rus op haar dy.

“Gee my ’n drukkie,” sê Eva.

Adam omhels haar. “Jou klere gaan kreukel.”

Eva glimlag skaam. “Nou help my uittrek ...”