Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Kompetisies | Competitions

''Quickie''-kompetisie: Braai


Noggie - 2011-10-14

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.


“Ek is nie regtig goed met dié tipe ding nie …” My verduideliking, verskoning, verloëning val op die badkamerteëls om langs jou koningsblou panties te gaan lê.

“Nie goed waarmee nie, Noggie?”

Ek sukkel om nie die tartende laggie wat agter jou vraag skuil te hoor nie. 

Die muurteëls is koud teen my rug terwyl ek myself in jou opbeur. Jou naels trek Judas-lyne oor my boude. My eie hand val oor jou mond waar ek jou passie-skree sien wakker word.

“O, fok,” kreun ek in jou oor.

Ek luister na alles om my. Kinders en honde buite. My vrou en Kleinboet besig met die aartappelslaai in die kombuis.

Kleinboet se vrou wat saggies snak terwyl ek dieper steek.