Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Snars poëtika

Buig die boompie


Bibi Slippers - 2011-10-14

Die week in woorde


Ek onthou ’n boekie waarmee ek as kind ’n hegte band gehad het. Die hoofkarakter in hierdie sage (gedruk op pofferige plastiekbladsye en boonop waterdig) was Pikkie Pikkewyn.  ’n Vinnige search op Google Books lewer die volgende op:

Title

Pikkie Pikkewyn

Author

Jalna Schumann

Publisher

Human & Rousseau, 1984

ISBN

079811648X, 9780798116480

Length

10 pages

Ek was een jaar oud toe die boekie verskyn het, en het die hele ding vroeg in my lewe al uit my kop geken. Ek het selfs geweet wanneer om om te blaai.

Ek verbeel my Pikkie se storie het gerym, maar bel my ma om seker te maak. 

"Natuurlik het dit gerym!" sê sy, en begin met oortuiging voordra: “Pikkie Pikkewyn vang graag vis. Met sout en peper ’n heeeeeeeerlike dis.” 

Nou ja toe. Vandag kan ek nie anders as om te wonder watter invloed hierdie boekie op die lang duur gehad het nie. Daar is ’n bepaalde preokkupasie met voëls in my eie pogings tot skryfwerk, maar ek dink nie dit is permanente skade nie. Ek vermoed die ware effek van sulke vroeë invloede lê dieper as ’n tematiese belangstelling in seevoëls, op die vlak van taal self. Hoe dit gebruik word, watter taalakkoorde resoneer, ’n voorkeur vir sekere klanke en patrone. Ek is Pikkie (en sy skepper Jalna) ewig dankbaar vir hul bydrae tot my ontwikkeling (en ook vir die feit dat ek mense op drie kon laat glo dat ek kan lees). 

In die gees van Pikkie wil ek hierdie week twee boekies aan julle bekendstel wat dalk toekomstige skrywers se taalontwikkeling (en tematiese preokkupasie) kan help vorm.

My boetie dink hy’s Batman en ander rympies (deur Jaco Jacobs en Chris Venter, vir die heel kleintjies) en Toulopers – verse vir tieners (Jaco Jacobs is die samesteller) stel die jonger garde bekend aan die hele spektrum van poësie – van prettige rympies tot ekoverse, tipografiese eksperimente en konkrete poësie. Die boeke is perfek geïllustreer vir die onderskeie teikenmarkte en raak aan die hele spektrum temas was relevant is tot die betrokke ouderdomsgroepe. (My enigste kritiek is dat die boeke nie waterdig is nie, maar dis seker ’n versteekte seëning, anders sit ons met kinders en tieners wat lees in die bad en nie was nie, en dit sou ’n ramp wees vir die ontwikkeling van persoonlike higiëne.)

Ten slotte, my (plus-minus) gunsteling-gedigte uit beide bundels, as voorsmakie:

Uit My boetie dink hy’s Batman 

My boetie dink hy’s Batman
deur Jaco Jacobs


Uit Toulopers 

My eerste gedig
deur Derick Muller

Ek vang nie gedigte nie. Punt.

Wen!

Ek het een kopie van elke boekie om weg te gee. Stuur ’n e-pos aan wen@litnet.co.za met die naam van die boek wat jy verkies. Inskrywings sluit 21 Oktober.

Nuwe Skryfwerk op LitNet


Die appel val nie ver van die boom af nie
Simon Verster Du Toit-Kombuis (11 jaar oud) het die volgende gedig ingestuur:

Learning about Rhyming Couplets

Vers van ver af
Joan Hambidge is op reis en aan die skryf. Sy het die volgende gedig uit New York gestuur:

New York, ’n meditasie

Oor die bogenoemde boom
Gerhard Bothma het die volgende twee kwatryne aangestuur:

boomkwatryne

Van anderster vere
Petra Courtney verbeel haar die weerlig as voël in die volgende gedig:

die weerligvoël

Verras-vers
Carina van der Walt was een van die aspirant-digters wat aan die Verras oop-mikrofoon-sessie by die afgelope Versindaba deelgeneem het. ’n Verkleurmannetjie wat sy verskyning by die Versindaba gemaak het, het haar aan hierdie ou gedig van haar herinner.

jy met jou verkleurmannetjiebroek