Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Kompetisies | Competitions

''Quickie''-kompetisie: Hokaai


Jan - 2011-10-14

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.


Ek en die vrou so drie huise die straat op beloer en belustig mekaar nou al vir ’n jaar.  Ongelukkig laat haar man Victor Matfield soos Klein Duimpie lyk.

Maar ’n man se hormone ken mos nie van brieke nie. En ek ken drie tale, maar kan nie in een van hulle sê hokaai nie. 

Daai amper-daar swart nommertjie wat sy gedra het, was net te goed vir woorde. En ook nie lank nie, of ek en sy spyker soos twee tieners.

“Wat de donner!?”

Ek skrik skoon my piel slap. Hy staan die deur vol. Chuck Norris duikrol by die venster uit, hier kom ek. 

Nie vandag nie. Hy grynslag net en haal die kamera uit ...