Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Geestelik | Spiritual > Poësie | Poetry

Wisselvlakke


Karin - 2011-10-14

Wisselvlakke

Ek beleef ’n lewe waarvan die waardevlakke wissel.
’n Gejaag  na wind, seisoen, wat my tot die dood toe bebesig.
Uitputtend ontneem dit my saakmakende nagedagtenis.
Ek rebelleer.

Ek beleef ’n lewe waarvan die waardevlakke wissel.
Kruipende ouderdom vervorm my tot ’n slakkegang, prooi van nagskaters.
Omslingerd met alarmrame loer ek oor my gekromde skouers.
Ek rebelleer – boos veragtend.

Ek beleef ’n lewe waarvan die waardevlakke wissel.
Ek moet bid ... wil bid ... skreeuend gryp na Godskrag wyl aardse kennis stol.
Sondevalresultate kou vretend aan my mense se broosheid.
Ek rebelleer – wankelend broos.

Ek beleef ’n lewe waarvan die waardevlakke wissel.
Dis U en ek ... ek en U ... my Heer ... my Goddelike ouer.
Ek krimp belansloos voor U neer, wagtend op rakende omvouing van U Gees.
My rebellie is gekruisig.