Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Skryfsake | Writing matters > Afrikaans

Dankbaarheid teenoor God en my medemens


Floris A Brown - 2011-10-13

Toespraak deur Floris Abraham Brown tydens sy huldiging by die Woordfees Versindaba aangebied deur die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans op 24 September 2011 te Stellenbosch

Goeiemôre dames en here

Ek sluit graag die woord “Repliek” in ’n kassie weg en bring my boodskap onder die tema: “Dankbaarheid teenoor God en my medemens”.

Ek wy ook vandag aan my oorlede pa en ma, Johnny en Maggie Brown, en my skoonouers Hendrik en Sophia Bailey toe.

Wanneer Gio Aplon, vleuel van die Springbokke, sy eerste twee drieë in Wêreldrugby druk teen Namibië op Donderdag 22 September 2011, steek hy sy hande in die lug en gee alle glorie terug aan God. Hy is jonk en stuur ‘n sterk boodskap regoor die wêreld spesifiek aan die jeug.

Vanoggend is vir my ’n glorieryke oggend in God se genade. Dankie Jesus vir ’n dag soos vandag. ’n Dag wat aan U behoort. Alle glorie, lof en eer aan U.

Dankie, professor Dorothea en Wium van Zyl, Melt Myburgh en hul kollegas van die Woordfees Versindaba, asook Nicol Stassen en Louis Esterhuysen. Dorothea is ’n sterk vrou. Kyk maar hoe trek sy Afrikaans vir baie jare al hoër en al hoër op.

Dankie dr Michael le Cordeur en Charles Beukes. Twee kalibers wat jy nie onder enige bos uitskop nie. Gaan lees hulle maar op die internet na.

CJ Langenhoven sê: “Stuur die luiaard na die miere, en hy sal daar rondom die miere lê en hy sal hom verlustig in die vlyt en bedrywigheid wat aan die gang is. Want hy hou van werk – die luiaard: solank as dit nie hy is wat werk nie.”

’n Groot dank en waardering vir die uitvoerende hoofbeampte, Christo van der Rheede, en sy kollegas van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans wat op hierdie gedagte besluit het om my te vereer ná ‘n passievolle 40 jaar van gedigte skryf en om ’n dag soos vandag so spesiaal te maak.

Plato sê: “Met die eerste aanraking van liefde, word elke mens ‘n digter.”

’n Spesiale woord van dank aan my vrou, my eerste aanraking van liefde, Gloria, en ons kinders, ps Rumacques Zane, een van drie bestuurders by Shoprite Centurion Gauteng; dr Natasja, getroud met Arrie-Paul Arends van Klerksdorp – beide werksaam aan die Universiteit Stellenbosch – dr Natasja werk tans in die kantoor van die dekaan en Arrie doseer in die Biochemie-departement; Rhaändi, getroud met Mark Rensburg van Mannenberg, met ons drie pragtige kleinkinders Nathanael-Mark, Maliika en Esthbeth-Jane. Ons jongste dogter, Glireska, en haar vriendin Bronwyn: Glireska is proefleser by Pionierdrukkery, Worcester.

Gloria, vir die 40 jaar van ondersteuning en ruimte wat jy my kon gee om ook aan gemeenskappe in Suid-Afrika ’n diens te kon lewer. En ook my poësie wêreldwyd uit te dra na lande soos Nederland met ankers in dr Alfred Schaffer; Mary Vlaming; Gerrit Komrij; stadsdichter Joz en Tiny Brummans – wat saam met my Die Hand wat ons Voed is Weg gepubliseer het, asook by wie ek tuisgegaan het gedurende my Nederlandse besoek, 28 Mei tot 23 Junie 2007; Rinze en Christien Starkenburgh; Tiny Kraan; professor Karel Bostoen; John Zwart; Loes Essen; Catharina Loader; Corine de Maijer; Daan de Lange; Freek Leene; Marcel Linssen; Marlies Mertens; Marja Verweij; Veronie Kramer Snyders; Yolanda en Ton Greuters; José Overkamp; Marjan Hengeveld; Piet Luijer; Inneke Hamstra; Agaath Schultink; Lydi en Joop Krikke; Hemmie van Reenen; Jesse Vermunt; Petra de Dreu; Petro Drijfhout; Peter van Halderen; Bramm en Uta van der Wurff; Janneke Prins, wat saam met my Altyd die Liefde gepubliseer het; die Nederlandse ambassadeurspaar Rob en Marion de Vos; en ook Hilde Vaatstra, wat ons digbundel Drieluik met foto's opgehelder het.

België: Jan Biezen van Biezen, wie my heel eerste Afrikaanse gedig, “Madalla”, gepubliseer het; Hannie Rouweler, wat ’n uittreksel van 39 gedigte uit my Engelse publikasie You and your Grand Piano geneem het en Blue Ribbons deur haar uitgewery Demer Press gepubliseer het; Joris Iven; Roger Nupie; Guy van Hoof; Paul Gellings en Hannie Rouweler se vyf gedigte wat ek uit Nederlands in Afrikaans vertaal het vir die bloemlesing Liaisons invisibles – Onzichtbare Verbintenissen – Onsigbare verbintenis, wat gedurende die Vryfees te Bloemfontein onder leiding van Otto en Danila Liebenberg deur die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum te Bloemfontein vrygestel is op Dinsdag 12 Julie 2011.

Rob en Marion de Vos was ook by die Vryfees en sodoende kon Marion die Nederlandse gedigte voorlees en ek die Afrikaans. Heartscapes, gepubliseer deur Hannie Rouweler, Demer Press, is ook terselfdertyd vrygestel.

Vlaandere: Prof dr WJR Martin.

Friesland: Jan Kleefstra wie saam met my “Sing vir My” en “Uit het legen Midde” deur Jelma Knol redakteur van die Friese Pers Boekerij in Friesland gepubliseer het en nou te koop aangebied is by die Woordfees Universiteit Stellenbosch Versindaba 2011.

Engeland: Margo Opperman. 

Amerika: Dr Jacques du Plessis.

Bly ek vir jou lief, Gloria, vir altyd.

Charles Olsen sê: “Poësie is om te dans in ‘n sittende posisie.”

Dankie aan my kersie-aan-die-brandsteek-mense: prof Jakes Gerwel en dr Rassool, my Afrikaans- en Engels-dosente aan die eertydse Onderwyskollege HEWAT, die invloedsfeer van ons eie burgemeester van Stellenbosch, Conrad Sedigo, wie ’n geweldige invloed op my as jong student aan HEWAT uitgeoefen het. Oorlede professor Ronnie Belcher; oorlede ds Patrick Petersen; prof Flip Strydom, projekleier van die SBA; en my kollegas Willem Fransman (drama); Elias Nel (kortverhale); ds Eugene B; ek (poësie) – publikasies wat ons in werkwinkels aan hoërskole aangebied het tot finansies opgedroog het en die projek gestaak is.

Dankie vir die heilige invloedsfeer van suster Joe; juffrou van Stavel; dr Easter Daniel Gordon en gade; juffrou Dorothy Gordon en gade; asook pastore Fred en Lucille May; Rumacques Brown; William Coraizen; Sias le Roux en gade; Hercules en Melanie; Carlos en Elmaree; Hennie en Rochelle Swarts; klein groepe en aanbiddingspanlede van alle Shofar Familie Christen Kerke in Suid-Afrika en ander wêrelddele – ook spesiaal ps Albert en Nancy Titus en hul kinders.

Dankie aan my klankborde: Antjie Krog, Christien Gerber, Otto Liebenberg en Arrie-Paul Arends, wat oor jare heen vir my as digter staande hou.

Onder die poësie-invloedsfeer van al die volgende persone en instansies kan ek steeds vandag baie leer: prof Jacques van der Elst; prof Abraham de Vries; prof John C Kannemeyer; prof André Brink; prof Ampie Coetzee; prof Steward van Wyk; Breyten Breytenbach; Theo Kemp (Breytenbach Sentrum Wellington); Leon Vorster (Museumdienste  Kaapstad); Amanda de Stadler; dr Daniel Hugo; prof Lina Spies; Louis Esterhuysen; Margot Luyt; Anlo van Heerden; mnr Freddie Botha (HUB); kollegas en alle individue verbonde aan die Instituut vir Blindes; Johan Heyl; Brett Pyper (KKNK); Mia Breed, wat ’n skaak-opname van my gedoen het vir kykNET; Anthony Wilson, wat ’n opname vir TV2 oor my lewe en die bomontploffing van Shoprite 1996 kom doen het; Melvyn Whitebooi; Francois Marais; Catherine Wiese; Julian Jansen; prof Hein Willemse; Marion en Rob de Vos, ambassadeurspaar van Nederland; dr Gerrit Brand; Naomi Bruwer; Leti Klein; Celia Celliers; me Schröeder (TV3); Freek Robinson (Fokus); Mandy Barnard van Pasella; prof Ronel de Goede; Claude Schroeder; dr Deon Snyman; Kayode; Christine Smit; Laurentia Robertson; Liomee van der Merwe; Seymore Bothman; Anette Braaff; Eurica Muller; Sylvia Fourie; Shirley en Sandra Fransman; Alet en Jose Ontong; Deon en gade Pick; Catherine en gade Francke; Johnny en Kayna Kruger; Linda en Lennie Cloete; Vaughan Karriem en gade; C Frolick, kollegas van OBOS; Laerskool Steenvliet Touwsrivier; Hoërskool Breërivier en dr Allen Grootboom; Tizzy Mangialli; Bongani Mgijima en Beverley Thomas; oudpresident FW de Klerk.

Alle redakteure van uitgewers in Suid-Afrika en oorsee.

Dankie aan al die sambreelliggame wat Afrikaans hoog hou; asook Zirkëa Ellis, Eurika Barnard; Hannetjie du Preez; Derrick Grootboom; prof Fanie Olivier, wat my oor die afgelope 40 jaar nog altyd uitgenooi het om een of meer gedigte aan te stuur vir publikasie in een of ander bloemlesing; dr Danny Titus (ATKV); dr Karel Prinsloo; Florence Filton; Petro Rhode; Isabeau Botha; Marlene le Roux; Jason Lloyd; Selwynn Willborrow; Ruben Bentley; Robert Pearce; Vincent Oliphant; Diana Ferrus; EKM Dido; Trevor Isaacs; Adriann Sameuls; André van Reenen; adv Maxwell Solomons; adv Lynden Bouah; Fasiegh Manie; Shabier Bhawodien; Roland Willenberg; Anton Marais; André en Sonja Truter; Malcolm Fredericks; Mark Lewis; Karel Cupido; Raymond Aukett; Anne Fredericks; dr Joan Wootton; Elmarié van Aarde; Abey Arendse (Abbangs).

Onderwysopleidingskollege HEWAT, Crawford, Kaapstad: Gewese dosent Greg en Esmeralda Voight. Greg Voight het in 1996 opdrag aan 15 van sy HOD III Afrikaans-studente gegee oor my digbundel Gloei. Hierdie werk is gepubliseer onder die titel: Gloei – Handleiding. Deur dit te doen bly ’n stukkie nalatenskap van HEWAT Onderwyskollege in Crawford, Kaapstad, wat nie meer bestaan nie, behoue.

Dankie vir publikasies en artikels oor al die jare in die Worcester Standard; Die Burger; Rapport; Beeld; Gazette; en Die Son. Ook dankie en waardering vir publikasies in tydskrifte, nuusblaaie van talle Afrikaanse en Nederlandse sambreelliggame.

Wees daar, wees betyds

Indien ons hierdie, een van die baie sleutels tot sukses, in ons daaglikse lewe kan toepas, sal ons ’n mooier, nuwer Suid-Afrika bou. As hierdie slagspreuk op alle deure pronk en peuters dit van kleins af hardop sê voor die les begin, sal niemand tot selfs in die parlement laat wees vir ’n afspraak of toespraak nie. Dit bou karakter en vertroue in mense. Mense begin in mekaar glo, want jy kan op hom of haar staatmaak!

Vandag is elk individu hier teenwoordig ‘n wingerdloot wat my druiwestok omarm en lewend hou en deur God se genade pluk ek vandag ‘n vrug, ‘n soetsappige vrug, in Afrikaans!

CJ Langenhoven sê: “As ek die begeerte mog waag, sou ek dit graag so wil hê dat die engel wat my kom haal huis toe, my daar bring met die verslag: ‘Ek het hom by sy werk gekry.’

Dames en here, ek sluit af met ’n Petrarcaanse (Italiaanse) sonnet vir almal wat Afrikaans in Suid-Afrika asook regoor die wêreld uitleef:

Voorlopers vir Afrikaans
deur Floris Brown

Soos ’n spierwit paddastoel, kernbom
Moedertaal. Pronk met vlerke soos ’n pou
as skrywers briewe in koeverte vou.
Afpraters doemprofete staar verstom.

Professore Doktore Rektore
Lektore Dosente Onderwysers
Studente Leerders bly rigtingwysers.
Proteas nagelaat in hul spore.

Hoër al hoër trek ons haar bergop.
Woordkunstenaars fasiliteerders krans
Springbokke. Stewige vesting met skop.

Ons taal nou lente met ’n speelse dans.
In die reën met ’n woeste hartklop,
bly Miere, Voorlopers vir Afrikaans!

Baie dankie!