Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Kompetisies | Competitions

''Quickie''-kompetisie: Het jy gesien?


Ina Hendrix - 2011-10-13

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.


Toe ek tuiskom van die werkfunksie, slaap Leon al – sonder ’n bo-laken. Sy boxer-slaapbroek bult waar dit saak maak. Droom hy? 

Ek trek uit, borsel my tande, en voel oor my venusheuwel en laer af tussen my bene. Dit is lekker, maar wat nou? ’n Solovlug?

Ek kruip versigtig langs hom in; vryf weer toe-oog oor my lippies. Die orgasme spoel spoedig rukkend oor my hele liggaam.

Leon beweeg. Ek kyk na hom in die skemer. "Geniet?" vra hy.

Ek bloos omdat ek uitgevang is op my solovaart.

"Het jy gesien?"

Hy antwoord woordeloos toe hy my bene sprei, my binnedring en ek minute later opnuut orgasmies oorspoel word.

Was dit ’n droom?