Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Kompetisies | Competitions

''Quickie''-kompetisie: Die afspraak


Chris Thomas - 2011-10-13

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.


Selfs deur die lateks voel die vel oor sy adamsappel sag soos sonde.
Om sy ken en langs sy slape: die grofheid van sy stoppelbaard.
Sy oë bly deurentyd toe. Hy is ongemaklik, steeds senuweeagtig.
Nes ek dit verkies.

“Dis altyd ’n bietjie seer aan die begin”, sê ek dan sag; steeds ferm.
Hy probeer knik – ’n klein, onsamehangende ruk.

Ek verander effens van posisie, my been skuur liggies verby sy skouer.

’n Sagte kreun.

Voor ek kan klaarmaak, voel ek die spiere in sy keel saamtrek soos hy probeer sluk; my oë volg twee druppels wat by sy oop mond langs sy nek af gly.
“Ek haat die tandarts”, mompel hy verleë, sy natrooi tong glinsterend en dik.