Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Kompetisies | Competitions

''Quickie''-kompetisie: Vurigheid


Ansia van Schalkwyk - 2011-10-12

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.


Dit was ’n Donderdagoggend toe dit uitgebrand het. Ons vurige liefde gereduseer na ’n ylerige rookwolkspiraal. Groot genoeg vir branderigheid in jou keel, maar te min vir hitte.

Eens was dit anders. Sy jongmanlyf was onbekend maar gewillig onder my vraende hande. Die ontdekkings het in bruisende vreugdevure ontaard, ons stomend uiteindelik verskroei.

Daarna is vreugdevure beplan rondom begrotings en kinderoppasser-skedules. Vreugdevure wat niks meer as verwoestende bergbrande was wat uitbrand voor die honger heeltemal versadig was nie.

Hoe keer ek die verdwyning van ons liefdesavontuur na vandag se hofbevel? Vyftien jaar se vreugdevure. Jongmanlyf, middeljarelyf, egbrekerlyf. Nou háár vurige lyf.

Koud en alleen sonder vuur sit ek en staar na die rookwolkspiraal.