Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Kompetisies | Competitions

''Quickie''-kompetisie: Vloer 44½


Santie Nel - 2011-10-12

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.


Sy gil toe die hysbak tot stilstand ruk. Vir ’n oomblik ontmoet haar en die vreemdeling se oë.  Dan is dit swart-donker. Die vreemdeling praat. Gerusstellende, diep stem. Frans. Sy verstaan nie ’n woord nie.

Sy probeer aan hom verduidelik van haar engtevrees. Hortend. Heeltemal histeries.  

Sy verstil toe sy sy lippe op hare voel. Sy word bewus van die volle lengte van sy lenige lyf teen haar. Toe hy weer praat, voel sy die hitte van sy asem en die sensuele beweging van sy lippe op haar mond. ’n Warm palm omvou die kruis van haar rug. Sy ander hand vind die ronding van haar kaal boud onder haar mini. Dringend en vol behoefte. 

Toe gee sy haarself weerloos-onbevange oor.