Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Kompetisies | Competitions

''Quickie''-kompetisie: Losbandig


Jan - 2011-10-12

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.


“Jou losbandigheid gaan nog jou dood beteken.”

“Ja Ma.” Prekerige ou heks.

Dit was my laaste gedagtes van my ma gewees, net voordat ek in die ry by die bank gaan staan het.

Soos gewoonlik is daar ’n teiken. Ek is so sjarmant dit kom by my ore uit. Dames kan my nie weerstaan nie. Cameron die teller ook nie. So wat daarvan as sy getroud is? Sal nie die eerste keer wees nie.

Etenstyd. ’n Uur van die dag gaan niemand doodmaak nie. Haar woonstel is nie ver nie.

Tyd word nie gemors nie. Ons kom en ons gaan. 

“Dis dertig jaar nou al. Sedert haar man haar en haar minnaar vermoor het.”

Snaaks. Voel vir my soos gister ...