Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Snars poëtika

As die skoen pas


Bibi Slippers - 2011-10-06

Die week in woorde


Ek is nie die oppervlakkige tipe wat mense ooit op hul baadjies takseer nie. Maar boetie – hulle skoene!

By die onlangse Open Book Festival het ek honderde foto’s van skoene geneem. Lesers se skoene, skrywers se skoene, organiseerders se skoene. Ghrênd skoene, sandale met sokkies, sexy hakskoene en winterstewels. Dit wil voorkom of die broeder-en-susterskap van die boek nie noodwendig voorkeur gee aan ’n sekere soort skoen nie ... hul voete word versteek (en in sekere gevalle uitgestal) in enigiets van Mr Price-plakkies tot pikante leernommertjies wat in spirale om die enkels krul.

Wyl dit onmoontlik blyk om boekliefhebbers, boekmakers en boekverkopers te tipeer in terme van hul skoene, glo ek steeds nie dis verkeerd om mense op hul skoene te takseer nie. Ek dink regtig dit sê heelwat meer as baadjies en boekomslae. En ek is nie alleen in my oortuiging nie. Charles Simic, die Serbies-Amerikaanse digter, is dit met my eens: skoene is die geheime gesig van die innerlike lewe.

My Shoes
by Charles Simic

Shoes, secret face of my inner life:
Two gaping toothless mouths,
Two partly decomposed animal skins
Smelling of mice-nests.

My brother and sister who died at birth
Continuing their existence in you,
Guiding my life
Toward their incomprehensible innocence.

What use are books to me
When in you it is possible to read
The Gospel of my life on earth
And still beyond, of things to come?

I want to proclaim the religion
I have devised for your perfect humility
And the strange church I am building
With you as the altar.

Ascetic and maternal, you endure:
Kin to oxen, to Saints, to condemned men,
With your mute patience, forming

The only true likeness of myself.

Jou uitdaging is om die geheime te lees wat in hierdie skoenportrette opgesluit lê.

Die Britse Skrywer
Die Rebelse Vertaler/Digter/Romansier

Die Akademikus/Skrywer
Die Jong Bloed
Die Uitgewer
Die Ontwerper


Die Loslittige Leser
Die Modebewuste
Die Aandagtige Luisteraar
Die Sportiewe Leser

Die "Dainty" Digteres
Die Sanger

Die Digterlike Joernalis
Die Mistiek Boer

Die Uitgewer van Poësie
Die Hippie

Omdat ek verlede week nie ’n Snarsie kon skryf nie, is daar dié week ’n dubbeldosis skryfwerk deur ervare digters, nuwe stemme, onlangse debutante en van ons land se voorste liriekskrywers. Lekker lees, en mooi loop, hoe jou skoene ook al lyk.

Nuwe Skryfwerk op LitNet


Lees gedigte deur vyf digters wat in 2011 debuteer het
Kry ’n voorsmakie van die werk van die debutante wat hul buiging by vanjaar se Versindaba gemaak het.
• duiwedrek – Andries Samuel
• Epilepsie – Anne-Ghrett Erasmus 
• Charlotte Mew – Nini Bennett
• ek wil die weerlig soen  – Jasper van Zyl
• Lonely connect – Fourie Botha
Lirieke
Drie van die coolste liriekskrywers in Afrikaans het vir ons lirieke gestuur vir jou leesplesier.
• Die jaar toe pa die skottelgoedwasser gewen het - Andries Bezuidenhout 
• emoticon breakdown - Toast Coetzer 
• Tydbom - Stef Bos
Lees ook &’n verslag oor die geleentheid waar hierdie drie digters/liriekskrywers saam met Valiant Swart opgetree het.
Open Book-verslag: Die poësie van lirieke

Versindaba 2011
Kyk na foto&’s van die Versindaba.
Lees Melt Myburgh se gedig by die ontvangs van die Ingrid Jonker-prys.

Verras-verse
Lees verse deur sekere van die digters wat by die Verras oop-mikrofoon-sessie tydens die Versindaba voorgelees het.
Verras-vers: Die kamer 1 & 2 - Wilma Barry
Verras-vers: Vir see - Louis Roux
Verras-vers: ô’se Aram - Monty Isaacs

Joan Hambidge is op reis en aan die skryf. Lees haar twee jongste reis-verse hier.

"Keerweer" (uit Washington)
"My lyf" (uit San Francisco)

Lees nog ’n nuwe gedig deur Hertzogpryswenner Johann de Lange.

SMS-aubade
Engelse digter Gail Dendy het vir ons twee nuwe verse aangestuur.

Lees Izak du Plessis se gedig "Farce Poetica" hier.