Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Nuwe boeke | New books > Afrikaans

Nuut by LAPA Uitgewers


2011-10-06

Untitled Document


Nuut by LAPA Uitgewers
dié Oktober:

Bloedsusters, Annabella, Die pad na Skuilhoek, Hekel nog lekkerder, Wilhelmina Radebe kom tuis.



ISBN:
9780799350975

Prys:

R160,00



Klik en koop

Bloedsusters
Skrywer:
Eileen de Jager en Roelien Schutte soos vertel aan IlseSalzwedel

Die verhaal van twee vroue wat doen waarvoor niemand anders kans sien nie …

Ontmoet die twee susters van Pretoria wat nie net daagliks ondenkbare, grusame tonele  skoonmaak nie, maar ook probeer om die trauma vir dié wat agterbly, te verlig.  Crime Scene Clean-up is ’n maatskappy wat aan dié twee vroue behoort, wat met opgeleide spanne regoor Suid-Afrika tonele van plaasmoorde, gesinsmoorde en selfs selfmoorde – met deernis en empatie – skoonmaak. Gewapen met al die regte toerusting en chemikalieë, maar verál met moed en menslikheid, is dit hulle wat die stukke – soms letterlik – gaan optel.

Neem kennis: Nie vir sensitiewe lesers nie.

Bloedsusters is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad www.lapa.co.za.


ISBN:
978079935150 7

Prys:

R165,00

Klik en koop


Annabella
Skrywer:
Chanette Paul

Die Davelvroue

Annabella
(1922/1923, Tamara se oudste dogter) het die verkryging van vrouestemreg as tema. Wat gebeur as ’n vrou twee groot passies in haar lewe het – stemreg vir vroue en haar musiekstudies – én sy moet boonop kies tussen twee uiteenlopende mans? Die een man is in ’n posisie om die saak van stemreg te bevorder en die ander een is ’n briljante violis wat haar hart in die holte van sy hand hou, maar vrede het met vrouestemreg.

Annabella is beskikbaar by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.


ISBN:

9780799349566 

Prys:
R160,00  

Klik en koop

Die pad na Skuilhoek
Skrywer:
Hans du Plessis

Hartstog, verlange en teleurstelling ken geen geskiedenis nie

In die nag van 23 Augustus 1836 moor die Matabeles ’n staning Voortrekkers uit. Slegs dié twee jongmense, en hul vriend Vryheid, oorleef. Maar hierdie bloedige nag van tragiese eindes is ook die begin van Petronel en Lourens se liefde wat, in die loop van gevaarlike en onvoorspelbare omstandighede op die Trekkerspad, eers ses jaar later, op hulle eie plaas, Skuilhoek, teregkom.

Die verhaal openbaar die Trekkers as, al te dikwels, wederstrewig en nukkerig.  Dit is verfrissend dat die Voortrekkers nie bloot as helde uit die stryd tree nie, maar hier as vlees-en-bloed-mense met foutlyne geteken word.

Die pad na Skuilhoek is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.


ISBN:
9780799351729

Prys: 
R160,00




Klik en koop


Hekel nog lekkerder
Skrywer: Karen Adendorff

Net soos sy voorganger, bied hierdie boek ook patrone wat volledig met volkleurfoto’s, diagramme en noodsaaklike hekel-inligting toegelig is en word hekeldraad wat algemeen in Suid-Afrika beskikbaar is, gebruik. Die moeilikheidsgraad word by elke patroon aangedui en die wye verskeidenheid bied aan die beginner sowel as die gevorderde genoegsame keuses.

Hekel nog lekkerder sluit die volgende in:

  • ’n Inleiding met verskillende motiewe wat vir eie ontwerpe gebruik kan word
  • Somer- en winterpatrone vir vroue
  • Moderne juwele en bykomstighede
  • Vrolike speelgoed en truie vir babas en kinders
  • Interessante huis- en dekoritems

Hekel nog lekkerder is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.


ISBN:
9780799351453

Prys:
R165,00

 


Klik en koop

Wilhelmina Radebe kom tuis
Skrywer: Marinda van Zyl

Wilhelmina Radebe kom tuis  is die naaswenner van die LAPA-Romankompetisie 2010/2011.

Dit is hier, in Augustus 1984, in Sebokeng, waar die leser Wilhelmina die eerste keer ontmoet – as ’n skerpsinnig, wys en enigmatiese een-en-tagtigjarige grootouma. Binne die broeiende, voortslepende politieke onrus bars geweld en chaos uit. Teen hierdie onstabiele agtergrond, beleef sy weer haar kinderdae en ander herinneringe.

Wilhelmina Radebe se geskiedenis gaan so ver terug tot by Paul Kruger (haar oupa Wildebeest was ’n agterryer vir Kruger) en Sammy Marks. Vir baie lesers sal die ontdekking en meelewing met Suid-Afrika se eertydse suksesvolle swart boere en grondbesitters ’n verrassing wees. Hul hieropvolgende trajek en tragiek van brutale verontregting is aangrypend en skokkend juis omdat dit nie uitgegil word nie, maar in besadigde detail ontvou.

Wilhelmina Radebe kom tuis is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.