Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Afrikaans > Ongepubliseerde digters

Verras-vers: ô'se Aram


Monty Isaacs - 2011-10-04

Untitled Document

ô'se Aram

op die vlakte net buitekant die kaap
daar het jy die kaapse inslag gevind
gee jy ’n stem aan die vergetenes
besing jy hulle sukkel wel en wee
in hulle swaarkry-dae vind jy ’n lag
hul kaapse soet tong laat jou jubel sing
durf jy die establishment met radbraak aan
straatpraat, vanuit die lekker kaapse gopse
laat jy die honde uit die townships los
wek jy hulle op tot hoër hoogtes
nou eindelik dat moedertaal onder beleg is
kom erkenning wat toeka al moes wees
sê jy; "nei jirre, soe kan 'it 'ie gat 'ie
hier'ie diverse taal is mos oek ô's taal."


Hierdie gedig is voorgelees tydens die Verras oop-mikrofoon-sessie by die pas afgelope Versindaba.