Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > NB-Uitgewersportaal | NB Publishers Foyer

Nuut by NB-Uitgewers


2011-10-04

Untitled Document

Nuut by NB-Uitgewers dié Oktober:

Kom eet! Om die tafel met Anita & Deon Meyer , Bitter Heuning, Sirkusboere, Woestyngevangene, Baasspeurder Blomkvist in die knyp en Halfaampieskraal Celebrates

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


Uitgewer:

Human & Rousseau
ISBN:
9780798151641
Prys: R250



Kom eet! Om die tafel met Anita & Deon Meyer

Hartskos. Dit is wat Deon en Anita Meyer in dié boek met lesers deel. Die disse is heerlik, maklik om te maak en geliefd onder Suid-Afrikaners. Die verskeidenheid kos strek van Deon se oggendmuesli tot die broodpoeding wat Sondagmiddagete afsluit. Trakteer jou mense op heerlike skaapskenkels of murgsagte ribbetjie, gebraaide aartappels, sagopoeding of modderkoek. Meer as 75 smulresepte uit die Meyers se kuierkombuis. Ook in Engels beskikbaar as Enjoy! Cooking with Anita & Deon Meyer.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Kom eet! Om die tafel met Anita & Deon Meyer nou van Kalahari.net!


Uitgewer:

Kwela Boeke
ISBN:
9780795703133
Prys:R210



Bitter heuning
Hermione Suttner 

’n Sandveldse verhaal oor die wel en wee van Mara, dogter van Bavaria Mara en Jakop Brandt, die tweede seun van ’n Sandveldboer van die plaas De Heuwel, teen die oewer van die Bergrivier. Vroeg al verloor Mara haar hart op Theunis, enigste erfgenaam van die buurplaas, Misverstand, maar haar pa Jakop is ’n onverbiddelike man, en dikwels onredelik. ’n Meesleurende lekkerleesroman, uit die oorspronklike Engels vertaal deur Linda Rode.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Bitter heuning nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
9780624053354
Prys: R195




Sirkusboere
Sonja Loots

Dit is ’n jaar ná die Anglo-Boereoorlog, en in die middel van ’n sirkusarena in Missouri staan ’n man in die tipiese drag van die Boerekryger: breërandhoed, onderbaadjie, bandelier, kamaste. Hy kondig die vertoning aan: ”Ladies and gentlemen, the Battle of Paardeberg!” In Sonja Loots se roman kry generaal Ben Viljoen nuwe lewe wanneer hy die Amerikaners vergas met opvoerings van die Boereoorlog. Sy vertel met groot vaardigheid en passie hoe hierdie mense se paaie hiér geëindig het.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Sirkusboere nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
9780624052913
Prys: R110



Woestyngevangene
Andrea Abbott

Die twaalfjarige Leo word per ongeluk in die Namib agtergelaat. Toe ’n hond asof uit die niet verskyn, besluit hy om die dier te volg. Dis ’n tog wat elke greintjie fisieke en wilskrag van Leo sal verg; en een waarop daar geen omdraaikans is nie. In Afrikaans vertaal deur Kobus Geldenhuys. Ook in Engels beskikbaar as Desert Prisoner


Klik hier en koop Woestyngevangene nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Human & Rousseau
ISBN:
9780798155571
Prys:R120


Baasspeurder Blomkvist in die knyp
Astrid Lindgren

Dis somervakansie, en die Wit Rose en die Rooi Rose is gewikkel in die stryd om die kosbare Bommeldrom. ’n Onskuldige speletjie – maar dit lei die Wit Rose na ’n moord. Hulle beland lelik in die knyp, maar danksy Kalle se slim speurwerk en die Rooi Rose se hulp, kom hulle  uiteindelik ongedeerd daarvan af.

Klik hier en koop Baasspeurder Blomkvist in die knyp nou by Kalahari.net!


Uitgewer:
Human & Rousseau
ISBN:
9780798152426
Prys: R265



Halfaampieskraal Celebrates
Maia du Plessis & Simon Scarboro

Nestled in the Overberg in the Southern Cape lies Halfaampieskraal, a 250-year-old farm and guesthouse where life goes at a different pace. This book chronicles the recipes, lifestyle, décor and homespun wisdom of this special place, and is illustrated with beautiful full-colour pictures. Enjoy different occasions on the farm like stargazing, harvest time, Christmas on the beach and a spring wedding. Also available in Afrikaans as Halfaampieskraal vier fees.

Klik hier en koop Halfaampieskraal Celebrates nou van Kalahari.net!