Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Kompetisies | Competitions

''Quickie''-kompetisie: Sonder afspraak


Ian Hendriks - 2011-10-04

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.


Ek skakel die rekenaar aan. ’n Boodskap dat vars e-pos aangekom het, flits op die skerm se onderste linkerkantste hoek. Ek klik met die muis daarop.

lees my
soek my

streel my
omhels my
betas my alles

boor met jou vurige tong
om en binne my sagte geheimenis

lees my met jou vingertoppe
op ritme van ’n liefdespel
asof ek brailleskrif is

lei my langsaam-dringend
na ons eie toppunt van samesyn
– tot in die morestond.

Dan ruik ek jou parfuum. Verleidelik, Frans en duur. Ek draai om, omhels jou en saam-saam vorder ons vryend tong-soenend na die kantoordeur, waar jy die sleutel draai.

Die fluweeltekstuur van jou sagte naakte borsies voel bekend.