Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Kompetisies | Competitions

''Quickie''-kompetisie: Wat ’n nag!


Ronél Gill - 2011-10-04

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.



Swetende lywe inmekaar verstrengel. Ses op nege, syfer agt … elkeen soekend na genot … sy eie plesier. Vier vingers soekend in die diepste van my wese, ’n duim op my klit. Hande op my borste, elke tepel in ’n erotiese roltang vasgeknyp. ’n Smekende tong tussen my lippe, ’n belofte om elkeen van my middernagtelike nat-drome te bewaarheid. Fluisterende stemme in my oor … Ek kriewel en sug, soek daardie uiterste satisfaksie, daardie laaste kruin wat net-net buite grypafstand bly … Die duim op my klit maak plek vir ’n ruisende vibrator. ’n Paar breë skouers kruip onder my boude in … die vingers binne-in my werk harder, ’n tong, nat en koud en soekend op my klit. Ek voel dit … amper … ek raak daaraan … nou! Ooojaaa …