Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Straight > Kompetisies | Competitions

''Quickie''-kompetisie: Skrik op die lyf


Everart - 2011-10-04

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

Untitled Document


Ek het so pas klaar geskeer. My gesig was in die handdoek, toe ek skielik die gevroetel voor voel.

“En nou?!”

“Presies,” fluister sy, “nou is wat ek soek.”

Ek draai om en sy staan daar in ’n rooi, uitdagende korset. Ek is die een wat altyd eerste die skuif maak. Ek bevind my skielik in die Onbekende, en toe ... toe raak iets baie belangrik skielik skaam.

Wat erger is, sy vóél dit.

Sy gaan kniel voor my en kyk op bo die swelling van haar borste.

Met ’n skaamtelose, geveinsde onderdanigheid, inspireer sy my om vir haar op aandag te staan. Sy is onweerstaanbaar.

“Jy’s besig om my te gebruik,” mompel ek flouweg.

Maar sy glimlag my laaste trots weg.