Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Feeste | Festivals > Artikels | Features

Versindaba 2011: Digtersgala


Bibi Slippers - 2011-09-27

Die Versindaba 2011 Digtersgala was ’n spoggerige geleentheid, en het vanjaar by Lanzerac Hotel en Spa plaasgevind.  Gaste het vooraf en na afloop van die verrigtinge heerlik gesmul aan pikante happies wat deur Lanzerac verskaf is.  Valiant Swart het gesorg vir ’n tikkie musikale magic, en 7 digters het uit hul werk voorgelees.  Akteurs Marlo Minnaar en Joanie Combrinck het verse voorgelees van TT Cloete, Breyten Breytenbach, MM Walters, Hennie Aucamp, Joan Hambidge, Mari Grobler, Louis Jansen van Vuuren en Johann de Lange.

Die aand is afgesluit met die oorhandiging van die Ingrid Jonker-prys vir ’n debuutbundel (aan Melt Myburgh vir Oewerbestaan) en die Proteaprys vir die beste digbundel van die jaar (aan Louis Esterhuizen vir Wat die water onthou).  Mev Caro Wiese het die pryse aan die wenners oorhandig.

 

Andre Trantraal geniet ’n glas wyn voor die Digtersgala.

Nicol Stassen van Protea Uitgewers.

Dorothea van Zyl was die seremoniemeester.

Michael le Cordeur het ’n paar woorde gesê namens die Rapport-onderwysfonds.

Valiant Swart vermaak die gehoor.

Valiant Swart

Martjie Bosman het voorgelees uit haar bundel Toevallige tekens.

Bernard Odendaal

Marlise Joubert lees uit Splintervlerk.

Lina Spies

Cas Vos

Alfred Schaffer

Johann Lodewyk Marais

Joanie Comrinck en Marlo Minnaar het voorgelees uit die werk van digters wat die geleentheid slegs in die gees kon bywoon.

Marlo Minnaar

Joanie Combrinck

Caro Wiese

Melt Myburgh

Bernard Odendaal

Louis Esterhuizen

Nicol Stassen

Louis Esterhuizen spreek die gehoor toe nadat hy die Proteaprys in ontvangs geneem het.