Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Snars poëtika

''Who lives in a pineapple under the sea?''


Bibi Slippers - 2011-09-22

Die week in woorde

Dis nie gereeld dat ek wens dat ek eerder ’n spons was nie, maar vandag sou dit beslis nuttig gewees het. 

Dis onmoontlik vir enige gewone mens om alles in te neem wat dié week in die woordwêreld aangaan. Ek is behoorlik deurdrenk deur alles wat ek tot dusver by die Open Book Festival gesien en gehoor het, en dit was maar nog net dag een!  Poësievoorlesings, boekbekendstellings, gesprekke oor boeke en skrywers – dit is sowaar die grootste Boekjol tot nog toe in die Moederstad.

Asof dit nie genoeg boekigeit is nie, is dit byna tyd vir Versindaba, waar ek verder gaan week in al-wat-’n-woordwerker-is se wysheid. 

 

 

 

Om jou in die bui te kry.
Klik hier vir foto’s van verlede jaar se Versindaba.

Ek sien op Wikipedia dat mens maar moet sorg dat jy jou spons uitddroog tussen gebruike, anders word dit ’n nes vir “skadelike bakterieë”. Nog nooit een om die noodlot te tart nie, het ek besluit om maar myne uit te druk op LitNet – vandaar die stortvloed verslaggies en foto’s van die fees. 

Kyk hier onder vir ’n paar van die eerste hoogtepunte van die Open Book-fees tot dusver, en hou LitNet vroeg volgende week dop vir nog Open Book-aksie, en ons volledige verslag (en foto’s!) van Versindaba.

As jy nie die fees of Versindaba kon bywoon nie, sponge solank op my ervaring.

Groete, van die digterlike sponskoek / koekige sponsdigter.

Bibi

Feestelik!

Klik op die foto’s en lees die verslae.

 

Nuwe Skryfwerk op LitNet 


Lees twee nuwe gedigte deur Johann de Lange:


Kyk wie is die wenners van ons “Tydlose Liefde”-kompetisie.

Lees die eerste inskrywings in ons liriekkompetisie, Sing ’it

Kan jy dit beter doen?  Klik hier vir kompetisie-besonderhede en skryf in!