Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Afrikaans > Gepubliseerde digters

Myself met ’n motorfiets


Johann de Lange - 2011-09-21

Untitled Document

Myself met ’n motorfiets

Motorfiets, die rytuig van langhaargode.
My god spog met ’n eikelvormige versierde kroon wat ons ’n
valhelm noem,
steek sy bene sy lang skene in asuurblou jeans
trek swaar stewels aan beslaan met baie goue klinknaels,
& snel deur die skemer van purper gode.
Juis nou, halfpad op die kliptrappe agter ’n teater, byvoorbeeld,
is my god in die middel van ’n bloedgeurende
sameswerende gesprek met ander langhaargode.
Hulle jeugdige sameswering is te stralend, te welriekend
vir my, wat aan die onderpunt van die trappe verbystap,
om helder te onderskei.
Onder die trappe, is dit net die god se saal van staal wat straal
soos ’n lewende ding.
Ek raak aan die motorfiets, veral die deel van die saal wat so pas
vasgegom was aan die sitvlak van my god,
& steeds die hitte van sy boude behou.
My god eet Kentucky Fried Chicken, drink Coca-Cola,
& uit die gleuf van sy lieflike boude die kleur van dagbreek
werp hy stront.

  • Vertaal deur Johann de Lange