Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Poësie | Poetry > Afrikaans > Gepubliseerde digters

Tydens ’n ketamien-trip


Johann de Lange - 2011-09-21

Untitled Document

Tydens ’n ketamien-trip

Tydens ’n ketamien-trip
met ’n grys trol aan die stuur
van ’n ou ruimteskip

was tyd ’n gouestroop
wat aan die hakskeen klou
& alle woorde loop geknoop.