Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Snars poëtika

Die gesing in my ore en ander September-sake


Bibi Slippers - 2011-09-16

Die week in woorde


Ek is reeds drie weke terug op kantoor, maar vat vanoggend vir die eerste keer genoeg grond om eers amper te dínk aan ’n snarsie poëtika. Hier by LitNet draai die aarde tans teen ’n reuse-spoed (net om een ding!) en als spin so vinnig verby dat my ore sing. Of dalk is die geluid wat ek hoor, die lirieke wat instroom vir ons liriekkompetisie Sing ’it wat verlede week begin het?

Ieder geval, as jy een van die drie mense in die land is wat nog nie van die kompetisie gehoor het nie, klik hier en vind uit wat aangaan.

Oudergewoonte wil ons nie net hope inskrywings hê nie, maar mense help om goeie lirieke te skryf. In ons Liriekfabriek is ’n stapel raad en inspirasie vir almal wat hul hand aan ’n liriek wil waag. Bekende musikante het ook hul gunsteling-lirieke met ons gedeel: gaan kyk hier wat almal dink.

 

Digterlike draaie


Dis September en op my kalender beteken dit gewoonlik twee dinge: Lentedag en Versindaba! Lentedag het in ’n donker wolk gekom en gegaan, maar die komende naweek kom roer die Versindaba die snare in Stellenbosch. Klik hier vir die program, en kom gee jouself oor aan woorde.

Vanjaar bring September ook ’n nuutjie vir die kalender: die Open Book Literary Festival in Kaapstad. Ek gaan saam met Jasper van Zyl, Andries Samuel en Rustum Kozain deelneem aan ’n gesprek oor eerste versamelinge. Dis verniet, so kom saam! Dis by die Distrik 6 Museum in Kaapstad. Klik hier vir nog inligting, en hier om die volledige program te sien. Ons gee ook ’n handvol kaartjies weg, so klik hier en dit kan joune wees.

Nog nie genoeg woorde vir een week nie? Klik op die skakels vir my gunsteling-dinge op LitNet dié week.


Die ATKV Woordveertjies is verlede Vrydag met ’n groot gejuig uitgedeel.

 

Daar is twee nuwe gedigte deur Hertzogpryswenner Johann de Lange op PoësieNet.

Lees Marius Ackermann se kortverhaal oor ’n verbroude skop op Ellispark.

Die inskrywings vir ons ''Tydlose liefde''-kompetisie het vandeesweek gesluit. Lees die inskrywings hier. Die wenner word volgende week aangekondig.